Jenny Saville skep figure wat groter as die werklikheid is en wat fokus op die uitbeelding van die fisiekheid van vroulike liggame. Baie van haar werke is selfportrette, maar haar bronmateriale sluit ’n versameling foto’s van patologieteksboeke, plastiese chirurgiehandboeke en kronieke van beserings en brandwonde in; en sy werk ook van lewende modelle.
JENNY SAVILLE. PROP. 1992. OLIE OP DOEK
Basquiat se helder gekleurde
figuratiewe skilderye vertel op ’n ekspressiewe manier stories oor die lewe in die stad en oor sy kulturele wortels. Hy het as ’n grafitti-kunstenaar begin en het hierdie direkte metode van uitdrukking in gelaagde skilderye op doek ontwikkel. Die kombinasie van woorde, tekens en simbole afkomstig van sy daaglikse ondervindings in New York tydens die 80’s dra kragtige en eerlike boodskappe oor.
BASQUIAT. PHILISTINES. 1982. AKRIEL EN OLIESTOK EN SPUITVERF OP DOEK
Tuymans se figuratiewe skilderye is filosofiese of eksistensiële reaksies op die menslike toestand. Sy onderwerpe word geneem uit ’n wye verskeidenheid bronne en strek vanaf groot historiese gebeurtenisse na die onbelangrike en banale.
LUC TUYMANS. SPEECH. 2010. OLIE OP DOEK
PAULA REGO. THE POLICEMAN’S DAUGHTER. 1987. OLIE OP DOEK
Paula Rego se groot skilderye fokus op vroue se ondervindings. Die persoonlike verhoudings in die ontstellende narratiewe is opsetlik dubbelsinnig. Haar werke is gekant teen die geïdealiseerde en sosiaal aanvaarbare idees van hoe vroue moet lyk en optree.