Die kurator het een van die belangrikste take in ’n museum of galery. Hy / sy is in beheer van die besluit oor watter kunswerke gekoop moet word, wat uitgestal moet word en moet ook navorsing doen oor kuns. Die kurator moet dan planne vir uitstallings maak en hulle implementeer.
8.12
Voltooi in jou VKS-werkboek.
DINK OOR EN BESPREEK DIE PROSES OM ’n UITSTALLING IN DIE KLAS SAAM TE STEL
Oorweeg die volgende vrae in jou bespreking. Verskaf altyd redes vir enige van die stellings wat jy maak wanneer jy die vrae beantwoord:
• Watter faktore beïnvloed die idee agter ’n uitstalling? • Het ’n uitstalling ’n konsep of tema nodig? • Nadat ’n besluit geneem is oor die groep werke wat uitgestal moet word, moet die kurator ’n plan maak om die kunswerke in die uitstalspasie te plaas. Wat is die faktore wat die besluite sal beïnvloed wat gemaak word tydens die plasing van kunswerke in die uitstalspasie?
• Wat is die ander belangrike faktore wat in ag geneem moet word wanneer ’n uitstalling van stapel gestuur word?
• Wie is die ander rolspelers in die kunsuitstalproses?