SALON DES REFUSES In 1863 is slegs 2 800 van die 5 000 werke wat vir die Salon aangebied is, aanvaar. Die skandaal en protes oor die getal werke wat geweier is, was so opspraakwekkend dat die Keiser, Napoleon III, ’n spesiale uitstalling van hierdie werke beveel het, bekend as die Salon des Refuses – die Salon van die Verwerptes. Dit was ’n belangrike datum in die geskiedenis van skilderkuns, aangesien dit die begin was van die breuk tussen akademiese en onafhanklike kuns. Die mag van die akademie het nie meer bestaan nie en die avant-garde is gebore. Die mense het as ’n uitdrukking van skok die werke by die Salon des Refuses gespot. Van toe af het kunstenaars soos Impressioniste onafhanklike uitstallings georganiseer.
AGTERGROND Die Salon des Refuses het nie ’n gereelde gebeurtenis geword nie en in 1874 het sommige van die verwerpte kunstenaars ’n alternatiewe uitstalling in die ateljee van die fotograaf Nadar georganiseer. Die joernalis en resensent Louis Leroy, het ’n bitsige resensie geskryf waarin hy woordspel gebruik het met die titel van Claude Monet se Impression, Sunrise, en het aan die kunstenaars die naam gegee het waaronder hulle sou bekend word. Leroy het verklaar dat Monet se skildery ten beste ’n skets was en dat dit skaars ’n voltooide werk genoem kon word. Die “Impressioniste” het vinnig gewild geraak by die publiek. Die titel is ook deur die kunstenaars self aanvaar omdat hulle verenig is deur hulle gees van onafhanklikheid en rebellie, al was hulle ’n uiteenlopende groep in styl en temperament. Hulle het agt keer saam uitgestal tussen 1874 en 1886 – al was dit met veranderende lidmaatskap.
’N KONTEMPORÊRE
SPOTPRENTTEKENING WAT TEEN DIE GEVARE WAARSKU OM NA IMPRESSIONISTIESE SKILDERYE TE KYK.
“Impressie – ek was seker daarvan. Ek het myself net vertel, omdat ek beïndruk was, dat daar ’n sekere impressie daarin moes wees … en watter vryheid, die maklike werkmanskap! Muurpapier in sy embrioniese toestand is meer afgerond as daardie
CLAUDE MONET, IMPRESSION SUNRISE, 1874. OLIE OP DOEK seetoneel.” - Louis Leroy