Constable was die eerste belangrike kunstenaar om in die buitelug te werk en al die verskillende atmosferiese effekte in kleur te sien. Toe hy gevra is watter groen om vir gras te gebruik, het hy “al die groene” geantwoord. Hy het klein tikkies helder wit gebruik om ’n sprankie varsheid aan sy werk te verskaf (Constable se “sneeu”). Hy het sy skilderye in sy Londonse ateljee geskilder deur sy dagboeksketse en oliestudies as verwysingsmateriaal te gebruik. Hierdie werk beeld die stil sjarme van landelike Engeland in ’n informele en onkonvensionele komposisie uit. Dit is baie meer as net ’n skildery van ’n kothuis, ’n wa en diere. Constable was meer geïnterreseerd in die ontasbare kwaliteite – die lug, lig en atmosfeer. Die lug was vir hom die belangrikste aspek. Die wolke gly verby vol lig en kleur, en hulle skaduwees en die sonlig spikkel die veld met groen en goud. Soos die stroom vloei, beeld dit dan die bome, dan die lug uit wat bloue en groene in baie aparte kleure uitbeeld. Constable se subjektiewe, hoogs persoonlike uitgangspunt oor die natuur stem ooreen met die individualiteit wat ’n sentrale beginsel van Romantisisme is.
WIE WAS TURNER?
“Turner het homself oortref; dis asof hy met gekleurde stoom skilder, so opwindend en so lig.” – John Constable oor Turner
Joseph Mallord William Turner (23 April 1775 –19 Desember 1851) was ’n Engelse Romantieke skilder. Turner is as ’n kontroversiële figuur in sy tyd beskou, maar word nou gesien as die kunstenaar wat landskapskilderye tot uitnemendheid verhef het. Alhoewel hy beroemd is vir sy olieskilderye, is Turner ook een van die grootste meesters van Britse waterverf-landskapskilderwerk. Hy staan oor die algemeen bekend as “die skilder van lig”.
Turner was een van die uitsonderlikste skilders van sy tyd. Hy was lief daarvoor om die uiterste effekte van storms, rotsstortings, vure en sonsondergange te skilder omdat hulle melodramaties en katastrofies was. Die mens is klein en onbelangrik in sy geveg teen die titaniese kragte van die natuur. Turner was behep daarmee om die atmosferiese effekte van lig en kleur in ’n vorteks te omskep waarin alle onmiskenbare onderwerpe opgelos word. Hy het gekyk hoe die oorlogskip die Temaraire, wat heldhaftig geveg het tydens die stryd van Trafalgar, gesleep word deur ’n stoomskip in die middel van ’n yslike, gloeiende sonsondergang, op pad na die skeepswerf om opgebreek te word in afvalmetaal. Die silwerwit van die verdoemde Temaraire gee aan die skip ’n spookagtige majesteit, maar die swart sleepboot waaruit vlamme en roet ontsnap, lyk boos. Die keuse van kleur kontrasteer die verdwyning van seilskepe met ’n nuwe era van stoom. Die wonderlike kleure van hierdie skildery is versigtig uitgedink om die emosionele impak te versterk. Die gloeiende sonsondergang is nie slegs simbolies van ’n era wat tot ’n einde kom nie, maar ook van bloedvergieting. Die regterkantste hoek is ook donker om die toekoms van die Temeraire te simboliseer.
WILLIAM TURNER, THE FIGHTING TEMERAIRE, 1839. OLIE OP DOEK
Turner is dikwels deur kritici gespot oor sy “onverstaan- bare chaos van kleur, “geelkoors” en oseane wat gelyk het soos “seep en kalk”. Constable het gesê dat Turner se werke “oppervlak- kige visioene was wat met gekleurde stoom geskilder” is. Som- mige kritici het hom daarvan beskuldig dat hy met ’n poetsmop geskilder het!