Voltooi in jou VKS-werkboek. SKEP JOU EIE KUNSUITSTALLING
Jy het carte blanche as ’n kurator by ’n museum of galery. Volg die riglyne vir die skep van die uitstalling op papier.
• Besluit wat jy as ’n kurator wil doen. Jy kan ’n bestaande ruimte kies of ’n nuwe uitstalruimte skep. Verskaf ’n beskrywing en tekening of foto van die gebou en die gebou se geografiese ligging.
• Teken ’n vloerplan van die uitstalruimte. • Beskryf die konsep wat tot jou uitstalling gelei het. Wie se kunswerke gaan uitgestal word? is daar spesifieke aspekte waarop jy wil fokus in jou keuse van kunswerke?
• Maak ’n lys van die kunswerke wat jy wil uitstal. • Verskaf ’n titel vir jou uitstalling. • Kry foto’s / gefotokopieëerde afdrukke van die kunswerke wat uitgestal gaan word. • skep jou eie uitstalling deur te dink waar jy die kunswerke in jou uitstalruimte gaan plaas. skep ’n voorlopige uitlegplan deur kopieë op ’n muur- of vloerplan te plak. Verduidelik die rede vir jou rangskikking.
• Oorweeg aspekte soos uitstalmeganismes, beligting en sekuriteit. gaan hierdie aspekte jou uitstalling beïnvloed? Bespreek hoe jy dit gaan hanteer.
• Hoe gaan jou uitstalling aan die publiek bekend gestel word en hoe gaan dit geadverteer word? • gaan jy ’n openingsgeleentheid vir die uitstalling reël? • Wanneer sal die opening plaasvind? • Wie gaan jy nooi? • gaan jy ’n spreker nooi om die uitstalling te open? Wie gaan dit wees? Waarom? • Wie gaan die uitnodiging van die uitstalling ontwerp? Wat sal die opdrag vir die ontwerp wees? • gaan jy bykomende inligting oor die uitstalling aan die kykers verskaf? Wat sal dit wees en hoe gaan jy dit voorsien?
Biënnale en kunsfeeste
Biënnale kom van die italiaanse woord vir “elke ander jaar” en beskryf ’n gebeurtenis wat elke twee jaar plaasvind. in die kunswêreld het dit ontstaan met die Venesiaanse Biënnale wat vir die eerste keer in 1895 gehou is. sedert hierdie gebeurtenis het ander die term uitgedink om groot kontemporêre kunsuitstallings te organiseer wat gewoonlik ’n verskeidenheid internasionale kunstenaars insluit.
Een van die hoofdoelwitte van die Venesiaanse Biannale was om ’n nuwe kunsmark vir kontemporêre kuns te vestig. soos met biënnale in ander dele van die wêreld is die idee om ’n kommersiële geleentheid vir kuns te wees, bevraagteken. Vanweë die feit dat die organisasie en die uitvoering van so ’n gebeurtenis gewoonlik baie duur is, het die verkope van die kuns ’n integrale deel van wêreldwye biënnale gebly.
MARY SIBANDE, LOVERS IN TANGO, 2011. INSTALLASIE VAN LEWENSGROOTTE BEELDHOUWERKE. HIERDIE WERK WAS DEEL VAN DIE SUID-AFRIKAANSE PAWILJOEN BY DIE 54STE VENESIAANSE BIËNNALE. MARY SIBANDE SE WERKE IS SAAM MET DIE VAN LYNDI SALES EN SIEMON ALLEN GEKIES DEUR KURATOR THEMBINKOSI GONIWE AS DEEL VAN DIE TEMA DESIRE: IDEAL NARRATIVES IN CONTEMPORARY SOUTH AFRICAN ART.