WHERE DO WE COME FROM? WHAT ARE WE? WHERE ARE WE GOING TO? 1897. OLIE OP DOEK
“Vision aſter the sermon”: PAUL GAUGUIN, VISION AFTER THE SERVICE, 1888. OLIE OP DOEK
Gauguin het in 1888 vir Van Gogh geskryf: “Ek dink ek het in die figure ’n groot eenvoud bereik, aards en bygelowig. Die hele ding is baie strak. Die koei wat onder die boom staan, is baie klein in vergelyking met die werklikheid. In hierdie skildery, vir my, bestaan die landskap en die swaarkry slegs in die verbeelding van die mense wat tydens die seremonie bid, en dit is waarom daar kontras is tussen lewensgrootte mense en die stoeiery in die onnatuurlike klein oneweredige landskap.” Hierdie vroeë werk is geskilder tydens sy verblyf in Port-Aven
in Bretagne en is gebaseer op ’n werk deur sy vriend, Emile Bernard. Die toneel beeld uit hoe die godsdienstige vroue na ’n roerende kerkdiens ’n visioen sien van Jakob wat met die engel worstel. Die stoeiende figure is op ’n Japannese houtafdruk deur Hokusia gebaseer. Die stoeiende figure word in rooi, eerder as in ’n groen veld uitgebeeld, om hulle bonatuurlike toestand te beklemtoon. Die intense rooi van die agtergrond is ’n voorbeeld van Gauguin se verbeeldingryke, simboliese gebruik van kleur. Vir hom was kleur die eerste element om bevryding te kry van die werklikheid en om emosionele uitdrukking mee te deel. Die duidelik omlynde figure en vorms toon die invloed van nie-Westerse kuns en sy gebruik van cloisonisme. Die kontras tussen die ry groot koppe in die voorgrond met die kleiner figure in die agtergrond, dui op ’n bietjie perspektief. ’n Appelboom “strek” oor die doek en skei die aardse van die spirituele. Hierdie is ’n goeie voorbeeld van Sintetisme, want dit het Gauguin die geleentheid gegee om duidelik omlynde figure op ’n plat oppervlak weer te gee. In hierdie werk beeld hy die idee uit van kuns as simbolies en iets wat vereenvoudig kan word. In godsdienstige terme het die individuele interpretasie van hierdie werk vryheid verleen aan ander kunstenaars om Bybelse tonele en spirituele fenomene te interpreteer.