Hierdie is een van die nuwe treffende geboue in Suid-Afrika. Hoe sou jy die styl van hierdie gebou klassifiseer?
Neem ’n sketsboek en / of kamera en dokumenteer enige treffende gebou van die 20ste of 21ste eeu in jou dorp of stad. Plak die skets en / of foto in jou werkboek. Skryf ’n paragraaf oor die gebou deur die gebou se funksie, boumateriale, konstruksie en invloede / eienskappe te bespreek volgens die style wat jy in hierdie hoofstuk bestudeer het.
PARAGON ARCHITECTS (HENNING RASMUSS AND ANTHONY ORELOWITZ), 15 ALICE LANE TOWERS, SANDTON, JOHANNESBURG, 2011.