Later in sy lewe het Goya ’n huis gekoop wat hy Quinta del Sordo (“Dowe Man se Huis”) genoem het, en hy het baie ongewone skilderye op doek geskep wat bekend staan as sy “swart skilderye”. Hierdie werke is oorspronklik op die mure van sy huis geskilder en is oorgedra op skilderdoek. Hoofsaaklik in swarte, bruine en gryse geskilder, getuig hierdie skilderye van Goya se toenemende donker gemoed tydens sy doofheid. Saturn Devouring One of His Sons (1820 – 1822) is in kwashale geskep wat ’n voorheen ondenkbare wreedheid bevat. Hierdie werk beeld die Griekse mite van Saturnus uit wat, omdat hy vrees dat sy kinders hom omver gaan werp, elkeen van hulle net na geboorte verorber. Goya beeld Saturnus uit terwyl hy aan een van sy seuns “smul”. Sy kind se kop en deel van die linkerarm is reeds verorber. Saturnus is op die punt om nog ’n hap uit die linkerarm te neem; soos hy oprys in die skemer. Sy mond is wyd oopgerek en sy oë peul wit uit, dus lyk dit of hy mal is – ’n man wat tot waansin gedryf word weens die moord op sy eie seun. Die enigste ander helderheid in die skildery is afkomstig van die wit vlees, die rooi bloed van die lyk en die wit kneukels van Saturnus soos hy sy vingers in die agterkant van die liggaam indruk, en sy deurdringende oë is wyd met waansin.
Verskillende interpretasies van die betekenis van die skildery is al gemaak: die konflik tussen jeug en ouderdom, tyd as die verorberaar van alle dinge, die wraak van God en ’n allegorie van die situasie in Spanje, waar die vaderland sy eie kinders tydens oorloë en revolusies opgevreet het. Goya het nooit beplan dat die skildery in die publiek uitgestal sou word nie; hy het waarskynlik nie baie daarin belang gestel om die skildery se betekenis te verduidelik nie. Daar word gesê dat die skildery “noodsaaklik is vir ons begrip van die menslike toestand in moderne tye”. As ’n aaklige grap, het Goya dit op sy eie eetkamermuur geverf.
Te Colossal (c. 1815) is nog ’n voorbeeld in sy reeks wat geskep is met die vryheid van selfuitdrukking.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
FRANCISCO DE GOYA, SATURN DEVOURING HIS CHILDREN, 1820 – 1823. OLIE OP PLEISTER, OORGEDRA OP DOEK