’n Voorbeeld van ’n collage van argitek- turele strukture.
• Kyk na die voorbeelde hierbo en werk dan met jou afdrukke om ruimte te verander deur prente in te voeg.
• Jy het nou ’n komposisie vir jou finale kunswerk nodig. Jy kan die hele collage as inspirasie gebruik of gebruik “cropping” om ’n interessante deel te beklemtoon. Oorweeg dit om ’n ongewone formaat te gebruik, byvoorbeeld ’n vierkant of ’n dun, lang formaat. Sien die voorbeelde aan die einde van hierdie projek waar die collages op interessante maniere “gecrop” is. Maak ’n paar duimnaelsketse om verskillende oplossings te ondersoek.
• Kies jou suksesvolste oplossing en maak ’n tonale skets daarvan.
• Skryf jou bedoeling met jou finale kunswerk neer, oorweeg die keuse van medium, styl, komposisie, betekenis, ens.
• Soek ten minste drie kunswerke wat ook veranderde spasies op sekere maniere gebruik het. Skryf jou redes neer waarom jy hulle gekies het.
• Nadat jy hierdie taak voltooi het, moet jy skriftelik oor die hele proses besin.