“As ek groen skilder, beteken dit nie gras nie; as ek blou skilder, beteken dit nie die lug nie.” - Henri Matisse
Die eerste revolusionêre beweging van die twintigste eeu
AGTERGROND Drie jong Franse kunstenaars, Matisse, Derain en Vlaminck, het die somer van 1905 saam spandeer op die kusdorpie Collioure. Met hulle terugkeer na Parys in die herfs het hulle die skilderye waaraan hulle tydens daardie somer gewerk het by die Salon d’Autumn (Herfs salon) van 1905 uitgestal. Die kykers was geskok oor die uiters sterk kleure van die werke. Volgens ’n staaltjie het die kritikus Louis Vauxcelles, ’n konvensionele beeldhouwerk tussen die wilde, kleurryke skilderye gesien en uitgeroep: “Donatello au milieu des fauves!” (Kyk, Donatello tussen die wilde diere!) Die Franse woord vir wilde diere is fauves. Soos met Impressionisme het die Fauve hulle naam ontvang weens negatiewe kritiek. Fauvisme was nie ’n spesifieke koherente groep met spesifieke reëls en regulasies nie, maar ’n bymekaarkoms van skilders wat vir korte duur saam was en wat dieselfde benadering tot kuns gehad het. Hulle wou naturalisme vermy. Die bevryding van kleur was die grootste bydrae tot Modernisme.
HENRI MATISSE, OPEN WINDOW, COLLIOURE, 1905. OLIE OP DOEK
Fauvistiese kunstenaars het Henri Matisse, Maurice Vlaminck en Andrè Derain ingesluit.
HENRI MATISSE, DERAIN, 1905. VISUELE KUNSTE GRAAD 11