Sedert antieke tye het mense beskuttings gebou teen hitte, koue, reën of aanvalle. Argitektuur is die kuns om geboue te ontwerp en op te rig. Dit weerspieël ’n spesifieke tydperk, plek of kultuur. Argitektuur ruimte vir menslike gebruik. Jy hoef nie na moderne skilderye of na moderne musiek te luister as jy nie wil nie, maar as ’n nuwe gebou in jou buurt verskyn, kan jy nie anders as om dit te sien nie.
Argitektuur is ten beste die geïnspireerde en vindingryke huwelik van kuns en wetenskap of, soos die Romeinse argitektuur Vitruvius meer as 2 000 jaar gelede verduidelik het, argitektuur “kommoditeit, fermheid en vreugde” bevat. Hierdie is die potensieel teenstellende magte wat argitektuur versoen. Terselfdertyd moet ’n gebou sy funksionele vereistes vervul, struktureel stabiel en poëties wees, skoonheid bevat, betekenis, die intellek en verbeelding aangryp. ’n Konstruksie wat slegs aan die eerste twee van Vitruvius se vereistes voldoen, is slegs ’n bruikbare struktuur, terwyl die besit van die derde - struktureel nie noodsaaklik nie, maar ’n spirituele vreugde, die struktuur in argitektuur verander.
Dan Cruickshank, Adventures in Architecture, Weidenfeld &Nicolson, Great Britain, 2008
“Die moederkuns is argitektuur. Sonder argitektuur van ons eie het ons geen siel vir ons
eie beskawing nie.” – Frank Lloyd Wright
TOM WRIGHT, BURJ AL ARAB, DUBAI, VERENIGDE ARABIESE EMIRATE, 1999 HIERDIE LUUKSE HOTEL STAAN OP ’N KUNSMATIGE EILAND WAT AAN DIE HOOFLAND VERBIND WORD MET ’N BRUG.
DINK JY HIERDIE GEBOU VERVUL DIE VEREISTES VIR ARGITEKTUUR SOOS IN DIE STELLING BO GENOEM?