Hier het hy ’n vliegtuig gehaal en na Duitsland toe teruggekeer. Die opvoering het baie simboliese aspekte ingesluit wat die vorm van ’n selfontdekte ritueel aangeneem het. Die feit dat Beuys opgedaag
het en na die area van die opvoering gegaan het sonder om met enige deel van Amerika interaksie te maak, terwyl die naam van die land in die titel verskyn, is belangrik. Volgens Beuys: “Ek wou myself isoleer, myself insuleer, niks anders van Amerika sien as die prêriewolf nie … en rolle daarmee ruil”. Dit is verwant aan die idee dat hy ’n rol opvoer van ’n moderne sjamaan wat homself weerhou van normale gedrag om die ritueel suksesvol uit te voer. Die keuse van vervoer en die meegaande sirenes verwys na die idee dat die situasie ’n mediese noodgeval is, wat ook verwant is aan die idee dat die opvoering geïnterpreteer
JOSEPH BEUYS, FAT CHAIR, 1964 – 1965.
JOSEPH BEUYS, HOW TO EXPLAIN PICTURES TO A DEAD HARE, 26 NOVEMBER 1965. DÜSSELDORF
MET SY KOP BEDEK IN HEUNING EN GOUE PIGMENT, ’N STAALSOOL WAT VASGEBIND IS AAN SY REGTERVOET EN ’N VILTSOOL WAT AAN SY LINKERVOET VASGEBIND IS, HET HY DRIE URE SPANDEER DEUR VERDUIDELIKINGS OOR SY WERKE GELUIDLOOS MET SY MOND TE VORM TEENOOR DIE DOOIE HAAS IN SY ARM. DIE WERK IS BETROKKE BY DIE ONBELANGRIKHEID VAN VERDUIDELIKINGS IN KUNS EN MET DIE OPENING VAN KOMMUNIKASIE MET DIE NIE-RASIONELE WÊRELD VAN DIE SIEL.
kan word as ’n moderne weergawe van ’n genesingsritueel. Die idee om ’n prêriewolf as ’n simbool te gebruik vir Amerika verwys na die feit dat prêriewolwe simbolies was van ’n magtige spirituele wese wat die fisieke en spirituele wêreld van die Inheemse Amerikaanse Indiane gekoppel het. Vir hulle was hierdie geharde dier ’n simbool van oorlewing wat hulle geleer het om in moeilike tye te oorleef. Die prêriewolf is ’n skakel met die prehistorisiese aard van mense in Amerika en word beskryf as ’n transformeerder wat orde uit chaos kan skep en chaos uit orde. Die Inheemse Amerikaanse Indiane beskryf die prêriewolf as die vyand van grense. Die eienskappe van “Culture Hero” en “Trickster” kan gevind word in soortgelyke figure in ander tradisionele samelewings wêreldwyd.
HIERDIE SAMESTEL- LING VAN TWEE ORGANIESE MATE- RIALE, DIEREVET EN HOUT, VORM ’N OPE METAFOOR VIR DIE MENSLIKE LIGGAAM, SY VERGANKLIKHEID EN DIE TENDENSE VAN SOSIALE LEWE OM OOREEN TE STEM MET GEKON- STRUEERDE KONVEN- SIE. NADAT DIE WERK IN 1964 GESKEP IS, WAS DIT INGESLUIT IN ’N GLAS, TEMPE- RATUURBEHEERDE VERTOONKAS. DIT HET ’N STADIGE NATU- URLIKE PROSES VAN ONTBINDING ONDER- GAAN TOT 1985 TOE DIE ‘VETHOED’ BYNA HEELTEMAL
ONT-
BIND HET EN FEITLIK VERDWYN HET.
JOSEPH BEUYS, THE PACK, 1969. VOLKSWAGEN-BUS (1961), 20 HOUTSLEË, ELK TOEGERUS MET VET, ’N OPGEROLDE VILTKOMBERS, FLITS EN LEERBELT. HIERDIE WERK IS OUTOBIOGRAFIES, MET VERWYSING NA DIE VERHAAL VAN HOE BEUYS GERED IS DEUR DIE NOMADIESE TARTARE TYDENS DIE TWEEDE WÊRELDOOR- LOG. DIE 20 SLEË VERTEENWOORDIG DIE IDEE VAN ’N PAK REDDINGSHONDE, ELK TOEGERUS MET DIE NOODSAAKLIKHEDE OM ’N LEWE TE RED. DIE VOLKS- WAGEN-BUS IS ONBRUIKBAAR IN DIE GEVAL VAN ’N KRISIS WANNEER MEER PRIMITIEWE GEBRUIKE IN DIE VORM VAN SLEË EN SY OORLEWINGSPAKKE DIE ENIGSTE MANIER GEWORD HET OM TE OORLEEF. DIE SLEË VERLAAT DAAROM SIMBOLIES DIE BUS EN WORD NIE DAARDEUR DIT GESLEEP NIE.