333 Innovering: Die skepping van nuwe dinge; om ’n nuwe manier van doen voor te stel en deur te voer.
Installasiekuns: Ook bekend as Omgewings is multimediakunswerke of samestellings wat vir ’n spesifieke plek ontwerp word, om vir ’n sekere tydperk geïnstalleer te word. Die toeskouer moet ge- woonlik deur ’n hele vertrek of galeryspasie stap om die kunswerk ten volle te kan ervaar.
Intellektueel: Met gedagte; teenoorgestelde van emosioneel. Intellektuele eiendom: Die unieke idees, gedagtes, uitvindsels en skryfwerk van ’n persoon.
Internasionale Styl: Die kenmerkende Modernistiese boustyl van le Corbusier, Mies van der rohe en ander. Kenmerke sluit in die geraamtestruktuur, standaardisasie en die afwesigheid van versiering.
Interpreteer: analiseer en evalueer (verskaf ’n ingeligte opinie). Verduidelik ten opsigte van konteks en ondersteun met spesifi eke voorbeelde. Irrasionele: Onredelik, teenoorgestelde van rasioneel. Isoleer: Om iets op sy eie te laat staan of weg van ander dinge af. J
Jukstaposisie: Om dinge langs mekaar te plaas om sodoende ’n kontras of ’n nuwe verhouding tussen hulle uit te beeld. K Vrydraende balk: Versterkte betonareas sonder ondersteuning.
Keramiek: Voorwerp uit klei gemaak wat van kwaliteit verander wanneer aan hitte blootgestel word; 2D-oppervlak soos tëels; 3D-voorwerpe wat die uitsluitlike doel kan hê om ’n beeldhouwerk en de- koratief te wees of wat ’n funksie kan hê, soos ’n mengbak.
Kinetiese kuns: Maak staat op beweging vir effekte. Kunstenaars wat hierdie beweging begin het, het die effekte van beweging so vroeg as die 20ste eeu verken deur die element van tyd voor te stel en weerspieël die invloed van masjinerie en tegnologie in kuns, bv. Tinguely, Takis.
Kitsch: Vals, sentimenteel en pretensieus in styl en / of uit swak smaak.
“Ready-made”: is ’n term wat vir die eerste gebruik is deur Marcel Duchamp waarna hy verwys het na vervaardigde voorwerpe wat hy gekies en soms verander het om as kunswerke te gebruik. Kleurharmonie: Kleure langs mekaar op die kleurwiel werk goed saam of is in harmonie.
Kleurpalette: ’n spesifieke groep of reeks of verskeidenheid kleure, geïdentifi seer om in spesifi eke projekte gebruik te word; die reeks van kleure kan kontrasterend, komplimentêr of monokromaties wees.
Kleurskakering: Donkerder waarde van dieselfde kleur; kleur + swart. Kleurting: ligter waarde van dieselfde kleur; die kleur + wit.