Wanneer toon bespreek word, praat ’n mens oor: • Tonale waarde wat die ligte en donker areas van die inhoud aandui.
• Wanneer kunstenaars variasies van toon en skerp kontraste gebruik om ’n ligbron in beelde aan te dui, word dit chiaroscuro genoem, bv. soos in baie van Rembrandt se werke.
• Wanneer kunstenaars ’n atmosfeer skep, bv. dramaties met sterk kontraste, of sag wanneer oorwegend ligte tone gebruik word.
• Toon help om atmosfeer en gevoel in ’n kunswerk te skep.
• Toon skep vokale areas deur kontraste. • In skilderwerk, speel tone van kleur ’n belangrike rol.
LEONARDO DA VINCI
KLEUR (Maak seker dat jy basiese kleurteorie verstaan)
Wanneer kleur bespreek word, kan ’n mens praat oor: • Die dominante kleur in ’n skildery. Gebruik die regte terminologie, bv. dit is hoofsaaklik geskilder in monochromatiese blou kleure wat ’n koel gevoel skep.
• Gebruik van primêre en sekondêre kleure. • Gebruik van komplementêre kleure (rooi en groen, blou en oranje, geel en pers) om helderheid te skep.
• Gebruik van tinte, skadu’s, kleurintensiteit, ens. • Sielkundige effekte van kleur, soos warm en koel kleure. Ook hoe kleur ruimte skep, bv. blou wat die kyker in ’n skildery “intrek”.
• Hoe kleur help om die betekenis oor te dra, bv. die donker kleure in Goya se Tird of May, 1808 help om betekenis uit te druk.
• Kleur wat dus emosie dra, simboliese betekenis het, bv. swart vir smart of om ’n atmosfeer oor te dra of om sekere areas te beklemtoon.
PATROON
Wanneer patroon bespreek word, kan mens praat van: • Die herhaling van elemente wat ’n patroon veroorsaak, bv. die sinkdak in Sekoto se werk. • Die funksie van patroon, by versiering, om atmosfeer te skep.