Preller is in 1911 gebore en het in Pretoria grootgeword en by Pretoria Seunshoër skool gegaan. Hy het dit eers oorweeg om ’n kunstenaar te word toe hy sy loopbaan as ’n klerk begin het. Uitgebreide reise deur Europa en Afrika het deel van sy kunsopvoeding uitgemaak en as inspirasie vir sy skilderye gedien. Die poëtiese wêreld gevul met tekens en simbole wat Preller in sy skilderye geskep het, was ’n deurbraak vir Suid-Afrikaanse kuns. Alhoewel hy die klassifikasie as ’n surrealis verwerp het, is die ongewone kombinasies van kleure, die gebruik van kontrasterende tonale waardes, tekens en simbole wat in omgewings geplaas is wat deur Griekse, Egiptiese en Afrika-kulture geïnspireer is, verwant aan die droomagtige kwaliteite wat in die Surrealistiese skilderye gesien kan word.
Te Kraal is ’n herskepping van Preller se hoofbron van inspirasie – die Ndebele-kultuur. Die Mapogga- (Ndebele)- kraal
is herskep as
die ligging van ’n mitiese Afrika- gemeenskap. Hy het die omgewing van versierde moddertuistes, rituele uitvoerings en tipiese ikone soos eiers, die gesplete drom en kuifreier in ’n anderwêreldse ruimte gekombineer. Dié ikone word ook in sy ander werke gevind.
Die besige kraaltoneel lyk of dit ’n weerspieëling van die alledaagse lewe is. Vroue is besig met hulle daaglikse take of sit rond maar is die dominante teenwoordigheid in die skildery. Preller bied ’n uitsig van die kraal oor ’n jong vrou se kop wat verby beweeg, baie naby aan die kyker. Van daar af brei die kraal uit tot waar ’n mens die heuwels in die verte kan sien verdwyn. Die effek van hierdie uitgestrekte uitsig is dat die jukstaposisie van die verskeie groottes van figure, geboue en voorwerpe nie heeltemal realisties is nie. Dit dra by tot die interpretasie dat die skildery meer as ’n waarneming van ’n toneel is.
Preller se klem van tonale waardes gekombineer met konstrasterende juweelagtige oliekleure wat aangewend is in ’n sagte, egalige tekstuur is ook belangrik in sy weergawe van primitiewe Afrika. Hy het aandag gegee aan elke detail in die skildery terwyl hy ook ’n gevoel van ’n stil, oop ruimte tussen elke figuur en voorwerp geskep het.
Suid-Afrikaanse kuns
ALEXIS PRELLER. THE KRAAL II. 1948. OLIE.
Dit is daarom noodsaaklik om hierdie werk van nader te ondersoek om niks te mis nie. Hierdie integrasie van simboliese voorwerpe en gebeure met ’n toneel uit die daaglikse lewe herinner aan die werke van kunstenaars soos Hieronymus Bosch en Breughel. Die stilering van sekere vorms, kleure en oppervlakke in sy skilderye is nog ’n rede vir die verbinding wat met Surrealisme gemaak is. Direk agter die jong vrou, wat die fokus van die voorgrond is, is ’n ongewone mitiese dier wat op ’n struktuur staan wat in ’n skommelperd verander. Op sy rug hou ’n man ’n groot drom vas en bo-op die drom dans ’n groep piepkleinfigure rondom ’n brandende kers. Na links van hierdie figuur is daar nog ’n ongewone toneel waar ’n kaal vroulike figuur ’n yslike brandende kers vashou. Die vorm van hierdie regop brandende kers word