218 SES BEROEMDE PERSOONLIKHEDE VAN DIE POST- 1946-ERA
Martin Luther King (15 Januarie 1929 – 4 April 1968) was ’n Amerikaanse geeste- like leier en Burgerregte-aktivis wat onthou word vir sy leierskap oor burgerregte- proteste vir die Amerikaanse swartes tydens die laat 1950’s en vroeë 1960’s. Hy het die leringe van Mahatma Gandhi gevolg deur sy ondersteunning van nie-gewelddadige protes en het die Nobelprys vir Vrede in 1964 ontvang vir sy werk om rassesegregasie en rassediskriminasie tot ’n einde te bring deur burgerlike ongehoorsaamheid en ander nie-gewelddadige metodes. In 1963 het hy ’n optog na Washington toe gelei wat deur 200 000 mense ondersteun is. Aan die einde van hierdie optog het hy sy beroemde “I have a dream”-toespraak gelewer waarin hy gevra het vir rassegelykheid en ’n einde aan diskriminasie in die Amerikaanse samelewing.
John F. Kennedy (29 Mei 1917 – 22 November 1961) was die jongste man om op 43 as die Amerikaanse president verkies te word. Hy was vanaf 1961 tot 1963 president, toe hy tydens ’n sluipmoord vermoor is. Sy inwyding het die verwagting geskep vir n nuwe begin vir die Amerikaanse nasie. Deur sy visie van sosiale geregtigheid en vryheid het hy die desegregasie van skole en universiteite onder- steun. Hy het ook handveste voorgestel om federale finansiële hulp te bied aan die onderwys en om immigrasieregte te liberaliseer. Die Kubaanse Missielkrisis, die bou van die Berlyn-Muur, die Ruimtewedloop, die Afro-Amerikaanse Burger- regtebeweging en die vroeë dae van die Viëtnam-oorlog het alles tydens sy amps- tydperk plaasgevind.
Een van die suksesvolste groepe in die geskiedenis van gewilde musiek, die Engelse
rock-groep, Te Beatles, is tydens die 1960’s gestig. Hierdie groep is beskou as die verwesenliking van die ideale van die sosiale en kulturele revolusie van die 1960’s, en hulle veranderende styl van musiek en lirieke, dragkode, haarstyle en leefstyl het ’n beduidende invloed op hulle aanhangers gehad, wat jong tieners regoor die geïndus- trialiseerde wêreld was. The Beatles het die idee van ’n boheemse lewe en aktivisme gewild gemaak ten opsigte van ’n verskeidenheid sosiale en politieke kwessies. Die groep, wat bestaan het uit John Lennon, Paul McCartney, George Harrison en Ringo Starr, het ’n geweldige invloed op musikante wêreldwyd gehad weens hulle musikale innoverendheid, wat strek van pop-ballades tot psigedeliese rock, asook hulle kom- mersiële sukses.
Neil Alden Armstrong (5 Augustus 1930 – ) is ’n voormalige Amerikaanse ruim- tereisiger, toetsvlieënier, lugvaart-ingenieur, universiteitsprofessor en ’n vlieënier vir die Amerikaanse Vloot. As die bevelvoerder van Apollo 11 het hy en sy beman- ning, Edwin Aldrin en Michael Collins, die eerste maanlandingmissie in 1969 be- man. Hy was die eerste man wat ’n tuig op die maan geland het en die eerste mens om op die maan se oppervlak te stap en die beroemde woorde te sê: “Tat’s one small step for man; one giant leap for mankind”.
Enrico Fermi (29 September 1901 – 28 November 1954) bekend as “die vader van die atoombom” was ’n Italiaans-Amerikaanse fisikus wat in 1938 die Nobelprys vir Fisika ontvang het vir sy werk oor geïnduseerde radioaktiwiteit. Hy is veral bekend vir sy werk oor die ontwikkeling van die eerste kernreaktor en vir sy bydraes tot die ontwikkeling van die kwantumteorie, kern- en deeltjiefisika en statistiese me- ganika.
Simone de Beauviour (9 Januarie 1908 – 14 April 1986) was ’n Franse filosoof, publieke intellektualis en sosiale teoris. In haar werke, beïnvloed deur haar maat, die Eksistensialistiese Jean-Paul Sartre, het sy die idee beklemtoon dat mense vry is en deur hulle vryheid van keuse kon besluit om op ’n morele of immorele manier op te tree, wat dan ’n effek op daardie vryheid het. Haar beroemde werk, Te Second Sex, was ’n analise van die geskiedenis van vroue se onderdrukking en ’n verklaring van vroue se onafhanklikheid, wat die grondslag was vir kontemporêre feminisme.