Eenheid: Versameling of plasing van vorms, kleure, teksture, lyne, konsepte of voorwerpe wat soortgelyke kwaliteite het om ’n heel of verenigde gevoel te projekteer.
Eenpunt-perspektief: Om ’n 3D-voorwerp deur ’n tekening op ’n 2D-oppervlak aan te dui; lyne be- weeg weg van die kyker af en sluit by mekaar aan by een verdwyningspunt punt op die horison.
Kenmerke: ’n unieke kombinasie van kwaliteite wat byvoorbeeld ’n kunstenaar of kunsstyl spesifiek verteenwoordig; kwaliteite wat dit verskillend as die res maak. Eklekties: Beteken om te leen, uit verskeie bronne te kies, ’n kombinasie van style.
Eksistensialisme: ’n Filosofi ese neiging wat gewild geword het na die Tweede Wêreldoorlog omdat mense die belangrikheid van menslike idividualiteit en vryheid wou herbeklemtoon. Hierdie filosofiese skool het geglo dat mense verantwoordelik is om hul lewe betekenis te gee ten spyte van eksterne hindernisse.
Eksoties: iets wat merkwaardig verskillend en uitheems is. Dit stel gereeld verre lande en onbekende kulture voor. Dit is verskillend en ongewoon.
Ekspresiewe: ’n Energieke en soms kragtige kwaliteit van lyn, vorm, tekstuur of kleur wat ’n sekere sterk emosie of gevoel weerspieël.
Ekspressionisme: Permanente kunsstyl waar die klem geplaas word op die uitdrukking van emosies en gevoelens van die kunstenaar. Eienskappe sluit verdraaing en oordrywing in.
Elimineer: Om weg te neem of uit te wis. Elitist: ’n groep mense wat voorregte het wat ander nie het nie.
Erfenis: Kwaliteite, kenmerke, lewenstradisies veral gebruik om na dinge met historiese belang te ver- wys wat ‘n sterk impak op die gemeenskap het en wat van een generasie na die ander oorgedra word binne ’n spesifieke kultuur.
Esteties: Die teorie om iets te geniet vir die skoonheid daarvan en die aangename kwaliteite daarvan.
Estetiese gevoel: Mooiheid wat deur ’n produk weerspieël word; skoonheid ondervind deur die kyker, skoonheid en visueel genotvol; wanneer iets gekategoriseer word deur die skoonheid daarvan word dit uit ’n estetiese oogpunt beskou.
Estetika: ’n studie van kuns en teorië oor die aard en waardering van skoonheid. Evalueer: Om die waarde van iets te skat volgens ’n voorgeskrewe kriteria. F Fasade: Voorkant van ’n gebou. Fantasie: Beelde wat slegs in die verbeelding bestaan.