Onderwerp • Cézanne het ’n beperkte hoeveelheid onderwerpe, soos stillewes, landskappe, baaiers en portrette gebruik.
• Cézanne het die tradisie van die stillewe hernieu omdat dit hom die geleentheid gegee het om sy eie voorwerpe vir ’n gekonsentreerde studie te rangskik. Hy het met sy menslike modelle geraas en vir hulle gesê “Appels beweeg nie!”
Ruimte/diepte • Cézanne het die eenpuntperspektief van die Renaissance verwerp. Daarvolgens moes alle lyne na ’n enkele verdwynende punt lei om ’n diep ruimte te skep. Hy het ’n verskeidenheid uitgangspunte gebruik om ’n mens toe te laat om aan verskillende kante van die voorwerp te kon sien. Hy het dus ’n vlak ruimte geskep deur ’n opeenhoping van verskillende kleuroppervlakke. Hy het ook diepte geskep deur oorvleulende areas van verf te gebruik.
• Cézanne was altyd bewus van die platheid van die geskilderde doek en het ’n sogenaamde “plat ruimte” geskep. Hy het nooit die tweedimensionaliteit van die doek ontken nie.
• Hy wou nie die natuur naboots nie, maar het konstruksies volgens die natuur gemaak deur net die nodige uit te beeld.
• Sy perspektief was dikwels nie korrek nie. ’n Tafel het byvoorbeeld ’n geneigdheid gehad om op een vlak onder die tafeldoek te verdwyn en om op ’n ander vlak te verskyn, en die twee kante van ’n bottel wat hy uitgebeeld het, kon baie verskil het.
STILL LIFE WITH DRESSER, 1883 – 1887. OLIE OP DOEK
STILL LIFE WITH PLASTER FIGURE, 1895. OIL ON CANVAS
Kleur • Cézanne het dieselfde helder kleure as die Impressioniste gebruik, maar op ’n meer gestruktureerde manier. Hy het oor modulasie gepraat, waar een kleurarea verwant moet wees aan die volgende een.
• ’n Plat kleurarea is in aparte kleurfasette opgebreek (soos in ’n mosaïek).
• Vorms is dikwels omlyn met ’n donker kontoerlyn. • Skaduwees is ook vorms met soliedheid.
Kwaswerk • Elke kwashaal wat deur Cézanne gemaak is, is soos ’n boublok in plek gesit met fermheid en met denke.
• Hy het reghoekige kwashale gebruik wat nie emosie uitdruk nie, maar wat ’n ritmiese patroon vorm. BOY WITH RED WAISTCOAT, 1890 – 1895. OLIE OP DOEK