Die werk is geskep terwyl die kunstenaar weggekruip het vir die Duitsers tydens die inval van Parys gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die werk stel die verwoesting verdere van ’n samelewing uit wat ineengestort het. Ernst het ’n tegniek soortgelyk aan frottage gebruik deur verf oor die doek te versprei en dit dan saam te druk terwyl dit nat is om hierdie fantastiese landskap te vorm. Daarna het hy detail en kleur skakering bygevoeg, bv. figure en pilare.
Die droomwêreld In hierdie tendens oortuig figuratiewe en illusionistiese skilderye die kyker van die realiteit van die droom en die onderbewuste verstand.
WIE WAS DALI?
Salvador Dali (1904 – 1989) was ’n Spaansgebore skilder. Hy was ’n baie vaardige tekenaar en was bekend vir sy droomagtige skilderye. Hy was ook by rolprente, beeldhou en fotografie betrokke. Dali word ook onthou vir sy uitspattige en eksentrieke gedrag. Sy uitspattige optrede het meer aandag gekry as sy kunswerke, tot die ontsteltenis van die mense wat sy werk hoog geag het en tot die irritasie van sy kritici.
“Die enigste verskil tussen my en ’n mal man is dat ek nie ’n mal man is nie!” - Salvador Dali
Salvador Dali het die bekendste van die Surrealistiese skilders geword, gedeeltelik as gevolg van sy wilde ekshibisionistiese gedrag. Hy het
eienaardige klere gedra, het ’n uitspattige snor gegroei en dit gewaks en het goed gedoen soos om ’n lesing te by die Sorbonne te gee met een voet in ’n bak donkiemelk. Sy werk beeld ’n presiese, realistiese tegniek uit, gekombineer met botsende helder kleure. In sy werk word ’n algemene voorwerp geleidelik ’n nagmerrie voorwerp.
Droombeelde is gemaak deur herkenbare tonele op ’n gedetaileerde, realistiese manier uit te beeld en hulle dan in totaal onlogiese situasies te plaas, bv. brandende kameelperde of horlosies wat deur miere verorber word. Die Surrealiste het “stuiptrekkende (skokkende) skoonheid” in beelde gevind, soos die “toevallige ontmoeting van ’n naaldwerkmasjien en ’n sambreel op ’n ontleedtafel”. Beelde is geskilder met ’n ongelooflik gedetailleerde realistiese tegniek. Kwashale is fyn en bevat baie besonderhede. Die oppervlakte van die skildery is glad eerder as getekstuurd. Die illusies van ruimte en diepte word realisties uitgebeeld. Kleur is ongelooflik werklik: dit is helder en droomagtig.
SALVADOR DALI, THE RAINY TAXI, 1938.
HIERDIE INSTALLASIE IS UITGESTAL BY DIE INTERNASIONALE UITSTALLING VAN SURREALISME IN PARYS IN 1938. DIT HET BESTAAN UIT ’N VERLATE VOERTUIG, MET KLIMOP PLANTE WAT DAAROOR GROEI, EN DIE POPPE VAN DIE BESTUURDER EN ’N HISTERIESE VROU BINNE IN DIE KAR, DEURDRENK MET WATER EN MET LEWENDIGE SLAKKE WAT DAAROOR KRUIP.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
SALVADOR DALI, LOBSTER TELEPHONE, 1936. TELEFOON, GIPS
HIERDIE VOORWERP WYS HOE DALI ALLEDAAGSE VOORWERPE SOU KOMBINEER OM ’N DROOMAGTIGE EFFEK TE SKEP.