Chuck Close (5 Julie 1940 - ) Close is in Washington gebore en het aan die Universiteit van Washington, Seattle, Yale en in Wene studeer. Hy het in die laat 1960’s beroemdheid as ’n Superrealis bereik nadat hy ’n reeks massiewe portrette geskep het. Sy later portrette is baie kleurvol en vestig die aandag op die ab- strakte maak van merke as ’n komponent van fotorealisme.
“Ek probeer nie om presiese replikas van foto’s te maak nie. En ek is ook nie geïnteresseerd in die ikoon van die kop as ’n algehele beeld nie. Ek wil nie hê die kyker moet die hele kop op dieselfde tyd sien en aanneem dat dit die belangrikste aspek van my skilderwerk is nie. Ek maak nie Pop- persoonlikheidsplakkate soos die wat hulle in die ‘dorp’ verkoop nie. Dit is waarom ek gekies het om portrette van my vriende te maak – individue wat meeste mense nie sal herken nie. Ek wil nie hê die kyker moet die kop van Castro herken en dink dat hy/sy my werk verstaan het nie.” – Close
Hierdie Self Portrait was die eerste in die reeks monumentale kop- en skouerportrette wat geskep is van neutrale swart-en- wit-foto’s deur die kommersiële kunstegniek, tekenspuit,
te
gebruik. Soos die Minimaliste het Close sekere beperkings aan homself gestel. Hy het slegs gesigsfoto-komposisies gebruik, het slegs in swart en wit gewerk en het op ’n yslike skaal geskilder. Die oordrag van die foto na die doek is deur die roostertegniek gedoen wat deur die Renaissance- meesters uitgedink is.
Deur hierdie stelselmatige/ metodiese tegniek te gebruik, het die beelde ’n mosaïek van swart, grys en wit geword. Elke kleinste besonderheid van die foto is blokkie vir blokkie nagemaak. Hy het ’n mengsel van swart akrielverf en water gebruik om met die tekenspuiter op die doek te werk. Die verskriklike fyn detail, soos die illusie van lig wat weerkaats vanaf die hare op sy baard, is bereik deur piepklein dele verf met ‘n skeermes van die oppervlak van die doek te krap.
Die idee om ’n fotografiese portret tot hierdie graad van tegniese verfyning op so ’n groot skaal na te maak, laat die beeld minder soos die persoon in die foto voorkom. Die kyker word gekonfronteer met die idee van ingewikkelde detail soos plooie, porieë, hare en verkleuring van die vel, wat nie normaalweg met die blote oog of op ’n klein foto gesien kon word nie. Die vergrote weergawe van ’n portret vestig aandag op die teksture wat verteenwoordig word, asook op die tonale waarde. Nog ’n aspek wat sigbaar word
CHUCK CLOSE. SELF PORTRAIT. 1968. AKRIEL OP DOEK. 2.73 M × 2.12 M.