‘n uitstalling is die tentoonstelling deur ’n individuele kunstenaar of ’n groep kunstenaars van ’n reeks kunswerke. ’n uitstalling kan enige kunsvorm insluit. uitstallings het gewoonlik ’n fokuspunt wat een of ’n kombinasie van die volgende kan wees: • die mees onlangse werk van ’n kunstenaar of • ‘n reeks van hulle werk oor ’n periode van tyd, • ‘n groep kunstenaars wat ’n algemene tema, tegniek of onderwerp deel, aspekte van ’n museumver- sameling, soos onlangse aankope
• of ’n tema wat geïdentifiseer kan word in die versameling deur tyd • of sekere metodes of materiale tydens die maak van kuns.
Die gebruik van ’n uitstalling is verwant aan die produksie en vertoning van kuns, om kuns te versamel en die akademiese bestudering van kuns. Deur uitstallings is ’n groot verskeidenheid deelnemers in die kunswêreld aan mekaar verbind: kunstenaars, kurators, kunsskrywers, akademici, opvoeders, galery- eienaars, versamelaars, instellings en gemeenskappe is almal deel van die proses. uitstallings het ’n belangrike ruimte van ondersoek oor die situasie van Visuele Kunste, geword.
Kunsuitstallings word hoofsaaklik gehou by kunsgalerye en in kunsmuseums. Daar is kunsvorms wat nie in hierdie omgewings pas nie, soos publieke beeldhouwerke en sekere vorms van uitvoerende- en installasiekuns, afhangend van die bedoeling van die kunstenaar. Kunsgalerye word gewoonlik deur privaat individue besit en word bestuur as privaat besighede waar die verkoop van kuns van primêre belang is. Kommersiële galerye organiseer en bemark uitstallings vir kunstenaars en verkoop hulle werke deur ’n kommissie, van byvoorbeeld 55% van die verkoopprys, te neem.
Daar is verskeie soorte galerye wat spesialiseer in baie kommersiële kunswerke tot uiterste avant-garde werke. Kunsmuseums hou ook uitstallings, maar nie met die bedoeling om te verkoop nie. Die funksie van ’n kunsmuseum is om te versamel, om uit te stal en om kuns vir toekomstige generasies te bewaar. Museums huisves gewoonlik versamelings wat in privaat of publieke besit is. ’n Museum se versameling is die totale korpus van werk wat deur die museum besit word. Die keuses van kunswerke wat deur mu- seums versamel word, hang af van die beskikbare finansies, die invloed van tendense en die agenda van die leierskap wat in beheer is van die museum asook lenings of donasies wat aan die museum gemaak word. Baie museums stal ’n reeks kunshistoriese kontemporêre kunswerke uit terwyl sommige op ’n spesi- fieke periodes fokus.
Tydens die renaissance is kunsmuseums geskep as deel van die humanistiese projek sodat ’n veld na- vorsing beskikbaar sal wees aan studente. Deur die eeue is hierdie versamelings kuns wat permanent in die museumgebou gebly het baie beïnvloed deur die rolle van die kunstenaars, uitstallers en kurators wat drasties verander het. institusionele politiek het ook ’n groot impak gehad op kunsversamelings, die aankoop en keuses van uitstallings wat hulle ten toon getel het. Museumuitstallings is nie slegs plekke waar idees openbaar gemaak kan word nie, maar dit is ook ’n plek waar ideologieë duidelik ondersteun word deur spesifiek gekose voorwerpe in die museumruimte uit te stal.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
Hoewel die primêre fokus van museums die instandhouding en uitbreiding van ’n versameling kuns- werke is, is die funksies van museums ook die bydraes wat gemaak word tot die ontwikkeling van ’n groter begrip en waardering van kuns en die bewaring van kuns.