159 Volgens Clemence Greenberg, die groot guru van Modernisme:
“Post-Modernisme is doelloos, anargiek, struktuurloos, genotsugtig, inklusief, horisontaal gestruktureer en mik vir die gewilde.”
Ander kritici het dit as reaksionêr, nostalgies, skisofrenies en as ’n soort ontvlugting beskou. Aan die positiewe kant kon Post-Modernisme beskou word as ’n poging om ’n meer menslike kuns te skep, asook ’n herevaluasie van alle waardes. Hoewel Post-Modernistiese argitekte sterk reageer het op werke van die Moderne era en raserige uitlatings aan die einde van ’n era gemaak het, het hulle werklike woordeskat nie veel meer om die lyf gehad nie as om stukke van Moderne Argitektuur saam te plaas met oplaagwerk van veldiep-historisisme. In teenstelling hiermee het die ontdekkings van die meesters, bv. Le Corbusier, die ruimtelike anatomie van ontwerp verander.
“Jy moet 6 Dekonstruktivisme
voortstrompel in die onbekende in.”
– Frank Gehry
AGTERGROND Dekonstruktivisme in argitektuur het tot stand gekom toe Mark Wigley en Phillip Johnson in 1988 kurators was van die uitstalling Deconstructivist Architecture in die Museum van Moderne Kuns. Argitekte wat by die uitstalling teenwoordig was, was Peter Eisenman, Frank Gehry, Zaha Hadid, Coop Himmelblau, Rem Koolhaas, Daniel Libeskind en Bernard Tschumi. Sedert die uitstalling het baie van die argitekte wat geassosieer was met Dekonstruktivisme hulle van die term gedistansieer. Nietemin het die term voortbestaan en is dit nou in werklikheid, as ’n algemene tendens in kontemporêre argitektuur aanvaar. Baie kritici beskou Dekonstruktivisme as deel van die breër Post-Modernisme in die samelewing wat die uitbeelding van Moderne Argitektuur gekritiseer het en sekere aspekte daarvan wou oplos.
Invloede • Dekonstruksie is ’n term wat deur die Franse filisoof Jacques Derrida bekend gestel is met die idee dat daar nie een enkele intrinsieke betekenis in ’n werk gevind kan word nie, maar eerder baie betekenisse wat in konflik met mekaar kan wees. Die argitek Peter Eisenman het direk met Derrida saamgewerk aan verskeie projekte en Derrida se idees het baie argitekte wat met Dekonstruktivisme geassosieer was, beïnvloed.