AGTERGROND Realisme was ’n reaksie op die hoogs subjektiewe benadering van Romantisisme. Die Realiste het gevoel dat die Romantisisme uit voeling was met die alledaagse realiteit en het na waarheid en akkuraatheid gestreef. Hierdie tendens om die alledaagse lewe uit te beeld, het ook uitdrukking gevind in daardie tyd se teater, letterkunde en opera. Die klem was op die uitbeelding van alledaagse onderwerpe om sosiale kritiek te lewer op die ellendige toestand waarin die armes hulle bevind het.
KENMERKE • Realisme het die “waarheid” in kuns nagestreef en het idealisering absoluut verwerp. Dit moenie met naturalisme verwar word nie, want dit bepaal dat kuns die natuurlike wêreld van naderby moet uitdruk. Realiste het geglo dat kuns getrou aan voorkoms moes bly sonder enige idealisasie of stilering. Dit het beteken dat die Realiste dikwels die lelike, die donker kant en die lyding van mense uitgebeeld het.
WIE WAS COURBET? “Wys my ’n engel, en ek sal een skilder.” – Courbet
Jean Désiré Gustave Courbet (10 Junie 1819 – 31 Desember 1877) was ’n Franse skilder wat die leier van die Realistiese beweging in 19de-eeuse Franse skilderwerk was. Courbet neem ’n belangrike plek in in 19de-eeuse Franse skilderwerk as ’n innoveerder en as ’n kunstenaar wat bereid was om onverskrokke sosiale kommentaar op sy werk te lewer.
COURBET, THE STONEBREAKERS, 1849. OLIE OP DOEK
Die skilderye van Courbet het dikwels tot ’n uitbarsting van protes by die Salon gelei. Landelike tonele was veronderstel om klein en skilderagtig te wees. Sy plattelandse skilderye was groot in skaal en het gefokus op die swaar omstandighede van werkstoestande. In hierdie werk is twee mans besig om klippe te breek as ’n manier om geld te verdien en te oorleef. Courbet het gesê dat hierdie skildery geïnspireer is deur ’n ou man en ’n jong seun wat hy op die paaie sien werk het. Hy het hulle armoede “gevoel”.Hy het
die twee figure in die voorgrond geplaas en die kyker ‘voel’ hulle geweldige swaar werk aan. Sy palet is somber en word deur bruin gedomineer. Lig en donker vermeng skielik langs die rante van vereenvoudigde vlakke en hy skep ’n oppervlak-
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
• Onderwerp: Die Realiste wou die lewe, omstandighede en teëspoed van die kontemporêre burgers uitbeeld, meer spesifiek die armes in die samelewing, die werkende klas en die kleinboere, wat in armoede gely het. Realisme was dikwels die uitbeelding van die lelike, die donker kant en die lyding van mense. Dit was ’n beskrywing van eenvoudige lewe en ’n kritieke uitgangspunt aangaande sosiale strukture. Baie skilderye wat geskep is tydens Realisme het mense uitgebeeld wat “gewone” werk gedoen het.
• Komposisie: Dikwels soos ’n beeld uit ’n aaneenlopende toneel.
• Vorms: Vorms word duidelik gedefinieer. • Aanwending: Kwashale is dikwels sigbaar. • Kleur: Voorkeur vir somber, aardse kleure wat geskik was vir hulle temas.
Realisme is die uitbeelding van die lelike, donker kant van die lewe en die lyding van mense. Die algemene tema beeld die werkende klas en arbeiders uit.