Wanneer tekstuur bespreek word, kan ’n mens praat oor: • Tasbare tekstuur, of tekstuur wat werklik gevoel kan word, soos die impasto-verf gebruik deur Van Gogh of die ware tekstuur van ’n beeldhouwerk.
• Geïmpliseerde tekstuur, wat lyk of dit tekstuur het, bv. die hond in Jan van Eyck se Arnolfini Wedding lyk of dit harig is, maar in werklikheid is dit baie egalig geskilder. Baie skilderye gebruik hierdie tegniek om ons van die werklikheid te oortuig. Die uiterste punt in die uitbeelding van visuele tekstuur word trompe l’oeil genoem – die Franse term wat beteken “om die oog te flous” bv. ’n muurskildery wat lyk of dit ’n landskap is.
ALBRECHT DÜRER
RUIMTE
Wanneer ruimte bespreek word, kan ’n mens praat oor: • Ware ruimte wat rondom vorms bestaan en wat werklik is. Kunstenaars gebruik ware ruimte in die ontwerp en skep van drie-dimensionele kunswerke.
• Regte ruimte in driedimensionele werke soos beeldhouwerke en installasies; regte ruimte word gebruik, bv. die ruimte tussen verskillende dele van ’n beeldhouwerk / installasie vorm ’n deel van die werk.
• Tweedimensionele werke word op ’n plat oppervlak geskep – dit is illusionistiese ruimte. Om driedimensionele voorwerpe op ’n tweedimensionele oppervlak uit te beeld, gebruik kunstenaars illusionisme. Dit word gedoen deur die korrekte perspektief (lyn en / of lug) te gebruik sodat dit lyk of ’n voorwerp “in” die prent bestaan. In moderne kunswerke word die platheid van die doek dikwels beklemtoon en ruimte word platgemaak, bv. Pollock se werke.