toe die Amerikaanse setlaars Amerika ingeneem het, is prêriewolwe in meer as een opsig as ’n plaag beskou. Die simbolisme van die Inheemse Amerikaanse Indiane wat geheg is aan die prêriewolwe is as ’n dreigement beskou vir die Westerse vorm van wet en orde. Die prêriewolf het die aanteel van vee bedreig en was ook ’n satanistiese simbool wat die Lam binne die Christelike simboliek bedreig het. Tussen 1921 en 1981 het die Amerikaanse regering meer as 3 miljoen prêriewolwe uitgewis. Die opvoering kan beskou word as ’n rituele gesprek oor die problematiese kwessies oor die verhouding tussen die moderne Westerse samelewing en tradisionele prehistoriese oortuigings.
7.3
Die teenstelling tussen oud en nuut verwys ook na die teenstelling tussen natuur en kultuur, wat duidelik sigbaar is in die opvoering. Beuys het gevoel dat die tweeledigheid waarna verwys is deur die simbolisme van die prêriewolf en homself, kommentaar gelewer het op die geskiedenis van die vervolging van die Amerikaanse Indiane asook die verhouding tussen die Verenigde State en Europa. ’n Paar mense het hierdie opvoering gesien, maar omdat dit op film gedokumenteer is, is dit moontlik om dele van die opvoering weer te beleef. Beuys se bedoeling van sosiale transformasie deur sy aksies is daarom meer toeganklik gemaak deur die invloed van tegnologie.
Voltooi in jou BKS-werkboek.
Lees die volgende beskrywing deur Coco Fusco en Guilermo Gomez-Peña, Undiscovered Amerindians Visit the West, en beantwoord die vrae daaroor.
Fusco en Gomez-Peña het die “performance” Undiscovered Amerindians Visit the West gekonseptualiseer in reaksie op die wydverspreide praktyk van menslike uitstallings. Hulle het hulself afgesonder in ’n 10 x 12 voet goue hok, aangetrek in uitspattige kostuums, en het hulself daarmee besig gehou om buitensporige inheemse take te verrig. In sommige van haar opvoerings het Fusco ’n grasromp, luiperdvelbra, basketbalpet en tekkies gedra. Sy het ook gevlegte hare gehad as ’n teken van haar status as ’n inheemse persoon. Gomez-Peña het ’n borsplaat in die Asteek-styl gedra en ’n luiperdvel-stoeiersgesigsmasker. Hierdie opvoering was bedoel om satiries te wees, maar ten minste die helfte van die kykers het gedink dat die Amerindiane werklik was. Coco Fusco het die idee vir hulle opvoering soos volg beskryf: “Ons plan was om in ’n goue hok te woon vir drie dae deur onsself voor te stel as onontdekte Amerindiane van ’n eiland in die Golf van Mexiko wat op ’n manier vir vyf eeue lank misgekyk is is deur Europeërs. Ons het ons
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
tuisland Guatinau genoem, en na onsself verwys as Guatinaune. Ons het ons ‘tradisionele take’ uitgevoer, wat gewissel het van die maak van voedoepoppe en om gewigte op te tel tot om televisie te kyk en op ’n skootrekenaar te werk. ’n Donasieboks voor die hok het aangdui dat ek vir ’n klein fooi (een dollar) sou dans (rapmusiek). Guillermo sou outentieke Amerindiaanse stories vertel (in ’n brabbeltaal) en ons sou poseer vir foto’s saam met besoekers. Twee dieretuinwagte sou beskikbaar wees om met besoekers te gesels (aangesien ons hulle nie verstaan het nie), ons na die badkamer neem aan leibande, en ons toebroodjies en vrugte voer. By die Whitney Museum in New York het ons seks by ons spektakel gevoeg, en ’n kykie na Guatinaui manlike genitalieë vir $5 gebied. ’n Chronologie met hoogtepunte van die geskiedenis om nie-Westerse mense uit te stal was op een didaktiese paneel en ’n gesimuleerde Encyclopedia Britannica-inskrywing met ’n vals kaart van die Golf van Mexiko was op nog een.”