7 Verbintenis tussen Suid-Afrikaanse kuns en post-1945 Europese kuns KEVIN ATKINSON
Kevin Atkinson (1939–2007) is bekend as ’n eksperimentele kunstenaar wat suksesvol skilderye, beeldhouwerke, installasies, kinetiese kunswerke, landskapkuns, uitvoerende kuns en konseptuele kuns geskep het. Met al hierdie eksperimentering het hy ’n filosofiese houding uitgeleef. Hierdie houding was nie slegs ingelig deur Europse invloede soos Jung of die Amerikaanse Abstrakte Ekspressioniste nie, maar ook deur sy kennis van Afrika-mites en -rituele. Met sy skilderkuns het hy ook getoon dat hy nie op een of ander wyse geklassifiseer kan word nie. Hy het van ’n amper kliniese styl van abstrakte skilderye, wat aspekte van Kleurveld-skilder en Optiese kuns bevat het in die gebruik van egalig geskilderde teenstellende kleuroppervlaktes, tot ’n diggelaagde abstrakte ekspressionistiese styl van skilder. Hy gebruik van simboliese vorms om gevoelens en idees voor te stel, kan gesien word in die ekspressionistiese en beheerde Kleurveld optiese kunswerke.
Sy werk White African Landscape is ’n voorbeeld van sy gebruik van die abstrak- te ekspressionistiese styl van skilder. Op hierdie imposante vierkantige doek het Atkinson ’n verskeidenheid helder, amper primêre kleure saam gebruik, asook swart en donkerblou. Die kwashale is aangewend in ’n verskeidenheid rigtings en toon dat hierdie werk in lae opgebou is. Die fisieke grofheid van die merke stel gevoelens van energie, krag of ongeduld voor. Die skaal en hakerige, skokkend helder kwashale van hierdie skildery is soos ’n fisieke aanval op die visuele sintuie wanneer dit in die ware lewe gekonfronteer word. Die titel verwys na ’n landskap en die werk suggereer die idee van ’n landskap as ’n ekspressiewe Im- pressionis se ondervinding daarvan. Die gebrek aan verwysings na detail lei tot die gevolgtekking dat die skildery die onder- vinding van kleur en hitte in ’n borrelende landskap verteenwoordig. Die wasige buitekantste vorm van ’n helderrooi paadjie en donkerblou, groen, swart, rooi en okerbosse en plante aan weerskante, die verblindende wit en geel van die son op die horison en ’n onheil- spellende donkerblou lug daarbo, is ’n visie van ’n ondervinding eerder as ’n visuele voorstelling. Die werk, wat in 1982 geskep is, is ’n metaforiese verwysing na hoe dit gevoel het om op daardie tyd in Suid-Afrika te woon. Die onsekerheid en ont- stuimigheid weens die direkte konflik tussen die onderdrukkende regering, en die ondergrondse geveg vir menseregte en vryheid vir die meerderheid inwoners van die land, word uitgedruk in die kleure en merke van hierdie skildery. Die sielkun- dige effek van verdeling, vrees, skuld en afsondering word nie figuratief uitgebeeld nie, maar eerder in die abstrakte weergawe van die ondervinding van ’n landskap.
KEVIN ATKINSON. WHITE AFRICAN LANDSCAPE. 1982. OLIE OP DOEK. 300 CM × 300 CM