Die volgende stelling deur Malevich in 1913 kan beskou word as die basis vir Minimalisme in die 1960’s:
“Kuns gee nie meer om om die staat of godsdiens te dien nie; dit wil nie meer die geskiedenis van maniere illustreer nie, dit wil niks meer te doen hê met die voorwerp as sulks nie, en dit wil glo dat dit kan bestaan, in en vir kuns self, sonder dinge”.
Die Minimalistese beweging het sy oorsprong gehad as ’n protes teen Abstrakte Ekspressionime waarin oordrewe metafisiese en eksistensiële belang geplaas is op elke beweging en kwashaal van die kunstenaar.
Rasionalisme, ’n wiskundige manier om abstrak te dink, is as uitgangspunt deur die Minimaliste gebruik.
Mondrian het ook die idees van die Minimaliste beïnvloed omdat hulle sy idee gevolg het dat ’n kunswerk heeltemal deur die verstand geskep moet word voordat dit geskep kan word. Ready-mades sluit die gebruik van voorwerpe as ’n kunswerk in. Die beweging is deur Duchamp begin toe hy die rol van die kunstenaar in die skepping van die kunsvoorwerp geminimaliseer het. Die kunstenaar het die een geword wat die besluite geneem het oor wat om te kies om uit te stal en hoe dit uitgestal moes word. Ready-mades word ook beskou as ’n invloed op die skep van kuns deur die Minimaliste. Plat velde kleur word gesien in sommige van die Abstrakte Ekspressioniste se werk en dit het reeds elemente van Minimalisme bevat. Die Kleurveld-kunstenaars soos Barnett Newman en Ad Reinhardt het skilderye gemaak waarin daar niks anders as ’n lyn op ’n plat veld kleur is nie, of eenvoudige eenkleurige skilderye. Die Britse filosoof Wolheim het die term “Minimalisme” in 1965 geskep om beeldhouwerke sonder inhoud te beskryf. Die titel Primary Structures is ook tydens ’n uitstalling in 1966 in New York aan daardie werke gegee. ’n Ander titel vir die werk is ABC ART. Donald Judd, Carl Andre, Frank Stella, Tony Smith, Sol Lewitt en Dan Flavin is sommige van die kunstenaars wat met Minimalisme geassosieer word.
Die eienskappe van Minimalisme
• Minimalisme is ’n selfbewuste kunsbewe- ging wat daarna gestreef het om werke te skep wat absoluut suiwer was en integriteit gehad het deur die eenvoud van kuns tot sy kern te neem, naamlik die mediums waarvan dit ge- maak is.
• Onderwerp: Die onderwerp van die Mini- malistiese kunswerke is die eenvoud van die mediums, die geometriese patrone en die skaal daarvan. Die kunstenaars het nie ek- spressiewe inhoud gebruik nie en die titels van hulle werke het nie ’n versteekte bood- skap onthul nie.
ROBERT MORRIS. EXHIBITION AT THE GREEN
GALLERY. 1964. SEWE GEOMETRIESE LAAGHOUT- STRUKTURE WAT GRYS GEVERF IS.