Te Green Stripe: Hierdie is ’n portret wat mev. Matisse op ’n onkonvensionele manier uitbeeld. Dié werk het skokgolwe deur die Herfs- salon gestuur weens die kras, helder en intense kleur daarvan. Helder turkoois, pienk en rooi is langsaan mekaar geplaas in plat areas met tonale modellering. Die mees “skokkende” element is die groen streep in die middel van die gesig. Nie eens Gauguin sou dit durf waag het om so opsetlik te verwring nie. Kleur word vrylik aangewend sonder enige verwysing na die werklikheid. Matisse was egter ’n denkende skilder, soos gesien kan word in die oranje area in die agtergrond wat na vore beweeg, terwyl die groen onttrek en ’n dubbelsinnige ruimte skep. Hierdie is nie ’n tradisonele portret nie, maar ’n nuwe manier van skep deur op ’n tweedimensionele uitbeelding te fokus. Hierdie werk is gekritiseer as “ ’n belediging vir vroue”. Matisse het glo op hierdie kritiek gereageer deur te sê dat hy nie vroue geskilder het nie, maar skilderye.
HENRI MATISSE, THE GREEN STRIPE, 1905. OLIE OP DOEK
Harmony in Red: ’n Bediende wat ’n wit voorskoot
HENRI MATISSE, HARMONY IN RED, 1908. OLIE OP DOEK
aanhet, is besig om vrugte op ’n staander te rangskik. Deur die venster is daar ’n uitsig van plante, bome en ’n klein huisie. Die onderwerp is nie radikaal nie, maar die behandeling daarvan is. Alles is vereenvoudig en kleur word gebruik om vorm, ruimte en lyn uit te beeld. ’n Enkele ongemoduleerde area van rooi definieer die ruimte van die interieur met ’n algehele blou patroon daarop. Matisse vervlak die ruimte deur die huis in die afstand dieselfde helder kleur as die binnekant van die vertrek te skilder. Alhoewel hy formele perspektief verwerp het, het Matisse ’n paar kleiner tikkies perspektief gebruik soos die vensterraam, die stoel op die voorgrond aan die linkerkant en die manier waarop die arabeskvorms op die tafel rondom die kante daarvan vou. Hy het ’n nuwe wêreld van prentruimte geskep deur kleur en lyn. Dit is nie ’n naturalistiese skildery nie, maar ’n rangskikking van vorm, lyn en kleur. Dit is nie ’n ontlading van emosie nie, maar ’n hoogs intellektuele werk waarin denke aan elke area gewy is.