Aardkuns of landkuns: Deel van ’n wyer Konseptuele benadering. Die kunstenaars het begin om di- rek in die landskap te werk deur dit in beeldhouwerk te omskep of om natuurlike materiale te gebruik om strukture te skep. Die werke word gewoonlik fotografies gedokumenteer. sommige kunstenaars gee mensgemaakte elemente aan die landskap as deel van hul aardekuns-installasies terwyl ander elemente van die natuur in die galery of museum ruimte verskaf.
Abstrak: Kuns wat nie herkenbare tonele of voorwerpe uitbeeld nie. Vorms, lyne, kleure, ens., bestaan sonder enige verwysing na die werklikheid, maar met estetiese waarde. Die kunswerk word “gelees” in terme van lyne, vorms, kleure. Ook bekend as nie-verteenwoordigende of nie-objektiewe kuns.
Abstraksie: ’n Neiging tot abstraksie, maar daar is steeds verwysings na die werklikheid, bv. sekere Kubistiese werke.
Abstrakte ekspressionisme: Beweging ná die Tweede Wêreldoorlog wat in New york gesetel was met grootskaalse, dramatiese abstraksies. Daar was twee tipes: “aksieskiler” waar verf vrylik aangewend is op groot doeke om die energie en gevoelens van die kunstenaar uit te beeld, gewoonlik sonder enige fokuspunt bv. Pollock, en “Colourfield” wat groot velde kleur gebruik het vir oordenking bv. rothko.
Absurd: Onredelik, belaglik, verspot. Afdrukmaak: Om ’n inkbeeld vanaf ’n bord of blok na ’n ander oppervlak te verplaas. Afmetings: grootte.
Agtergrond: gedeelte in ’n kunswerk (2D) wat die verste van die kyker af is; gedeelte of area agter ’n voorwerp.
Akademiese kuns: Verwys hoofsaaklik na 19de eeuse kuns wat sinoniem geword het met verveling en konvensionaliteit in teenstelling met die nuwe idees in kuns. akademiese kunstenaars het ’n ge- detaileerde afwerking verkies wat naturalisties voorkom, selfs wanneer dit van naby beskou word, in teenstelling met die eksperimente van romantisisme, realisme en impressionisme.
Aksieskilder: ’n skilderstyl waar die aanwending van die verf gebaarlik is en aangewend word sonder om versigtig te wees. Die skilderproses is sigbaar en daarom word die fisieke aksie van skilder in die finale resultaat beklemtoon. Dit het die proses en nie slegs die eindresultaat beklemtoon nie; gebruik die hele liggaam om te skep en nie net die gewrig nie bv. Pollock.
Allegorie: Wanneer betekenis simbolies verteenwoordig word in skilderye, toneelstukke, gedigte, ens. Amorf: Tekort aan struktuur; het geen vaste vorm nie.
Analiseer: ’n gedetaileerde en logiese bespreking van die formele elemente (soos lyn, kleur, toon, formaat ens.) en komposisie van die werk.
Analogiese Kleur: Kleure wat langs mekaar op die kleurwiel voorkom soos rooi langs oranje, blou langs groen; gereeld saam gebruik in kleurskemas.