VISUELE KUNSTE dek ’n breë veld van kreatiewe praktyk wat die hand, die oog, die intellek en die verbeelding in die konseptualisering en skepping van tweedimensionele en driedimensionele kunswerke, voorwerpe en omgewing wat die estetiese, konseptuele en ekspressiewe bekommernisse van individue of groepe weerspieël.
Die vak Visuele Kunste gaan oor selfuitdrukking en verskaf ’n manier om betekenisvolle interaksie met die wêreld te hê en om op ’n betekenisvolle manier op die wêreld te reageer. Dit verskaf geleenthede om jou intellek te stimuleer en te ontwikkel deur jou kreatiewe verbeelding deur visuele en gevoelservarings te stimuleer en die innoverende gebruik van materiale en tegnieke om jou idees te verwesenlik.
Dit moedig jou ook aan om ’n individuele visuele taal en geletterdheid te ontwikkel, wat ingelig word en gevorm word deur die studie van visuele kultuur, in die verlede en die hede.