Neo-Ekspressionisme: Ontwikkel in die 1980’s en was ’n reaksie teen die Minimalistiese en Konseptuele bewegings wat die kunstoneel in die 1970’s gedomineer het. skilder as ’n medium het herleef in hierdie Ekspressiewe skilderstyl wat ’n internasionale fenomeen was. Onder die invloed van die Ekspressionisme het die Neo-Ekspressionist op ’n growwe en emosioneel gewelddadige manier geskilder met die gebruik van sterk en banale kleurharmonieë.
Neo-Impressionisme: ’n Kunsbeweging wat deur seurat en signac gestig is waar die werk noukeurig beplan en in detail uitgewerk is. Kleure was in onderskeidelike merke uitgebeeld, ongemeng op die doek, om deur die oë van die kyker gemeng te word deur ’n pointilistiese tegniek.
Neo-Klassisisme: laat 18de- en vroeë 19de-eeuse beweging wat gewoonlik slegs ’n paar figure in kalm, statiese posisies gebruik, afgelei van klasieke beeldhoukuns. Voor die Franse revolusie is dit beskou as ’n vorm van kuns om mense te onderrig. Dit het die amptelike styl van die Franse revolu- sie en Napoleon geword.
Neutrale kleure: Op ’n klassieke manier verwys dit na die gebruik van die nie-kleure soos swart, wit en grys en al die skakerings tussenin; het min deurweking.
Nie-figuratiewe: Vorms wat nie herken word nie; onnatuurlike interpretasie; abstrak.
Nie-verteenwoordigend: Voorwerpe of vorms wat nie herkenbaar is binne konteks of onderwerp nie; abstrak.
Nie-Westerse beskawings: Verwys oorspronklik na die beskawings wat buite Europa ontstaan het, soos in afrika, die Ooste, op die suidsee-eilande, australasië, die vroeë beskawings in die amerikas, ens. in nie-Westerse kuns het die konseptuele en godsdienstige interpretasie van beelde tot ’n groot mate voortgeduur.
Leemte: leë ruimte; negatiewe ruimte is ook sigbaar.
Nuwe Media: Baie kontemporêre kunstenaars gebruik ongewone material wat nie tradisioneel as kunsmateriaal beskou word nie, soos opgestopte diere, meel, ens.
Nuwe Objektiwiteit: (Neue sachlichkeit) Die naam is afkomstig van ’n uitstalling wat in 1923 in Mannheim, Duitsland gehou is. Dit was ’n realistiese styl gevul met satiere en kritiek, en is ’n uit- beelding van die korrupsie, waansinnige plesier en algemene demoralisasie van Duitsland nadat die land in die Eerste Wêreldoorlog verslaan is sowel as die onbekwame Weimar-republiek wat Duitsland op daardie stadium regeer het. Die beweging het tot ’n einde gekom af met die totstandkoming van die Nazi’s.
O
Objektief: Vry van enige vooroordel of partydigheid; veroorsaak deur persoonlike gevoelens. Dit word op feite eerder as gedagtes of opinies baseer. sonder gevoel.
Odaliks: ’n Vrou wat as ’n slaaf of bywyf in ’n Turkse harem (die aparte lewensareas vir alle vroue) gehou word. Oeuvre: Franse woord wat ‘al die werke’ van ’n kunstenaar beteken.
Onderhoubaar: duursaam of kan vir ’n lang of klaarblyklike oneindigende tyd bestaan.Onderwerp is dit wat ten toon gestel word in ’n skildery of beeldhouwerk. Kan figuurlik of letterlik wees.