“Indien daar iets aantreklik is in die groot openlikheid van die Post-Modernistiese beweging, is daar ook iets ontstellend daaromtrent. Dit herinner ons dat ons kultuur nie ’n middelpunt of fokus het nie … Miskien weet ons te veel van kuns om te glo aan
die absolute effektiwiteit van enige enkele styl of tradisie.” – Daniel Bell
Een van die sterkste invloede van Post- Moderne argitektuur is die werk en skryfwerk van Robert Venturi. Hy het reeds in die 60’s versiering gebruik en het gewilde simbole geleen van Las Vegas en Disneyworld, weens die lewenskrag van hierdie plekke. Hy het die tipiese Moderne stelling van Mies van der Rohe naamlik “minder is meer” verander na “minder is meer is vervelig”. Venturi is een van die vroegste Post-Modernistiese argitekte wat gesê het dat hy die rykheid en dubbelsinnigheid van die moderne lewe wil uitdruk.
ROBERT VENTURI, VANNA VENTURI-HUIS, CHESTNUT HILL, PHILADELPHIA. 1962
Eienskappe van Post-Modernisme • Post-Modernisme verwerp die masjienagtige voorkoms en eentonigheid van Modernisme. Argitekte het die vryheid om enige bronne van enige tradisie te gebruik en hulle te vermeng soos hulle daarna voel.
• Post-Moderne argitektuur is ’n eklektiese styl waarin versiering, beeldhouwerk en tradisionele materiale gekombineer word met moderne konstruksiemetodes. Daar word meer waarde geheg aan kompleksiteit as aan eenvoud.
• Die kritikus Charles Jencks het dit beskryf as ’n dubbelkodering: die kombinasie van moderne tegnieke met iets anders, gewoonlik tradisionele maniere om te kommunikeer met die publiek en ander argitekte. Hierdie is ’n mengsel van die ou en die nuwe, die elite en die gewilde, ens.
• Post-Modernisme is nie tradisioneel of deel van die herlewingsbewegings (“revivalism”) nie, omdat dit toegewy is aan kontemporêre tegnologie en hulle hul daaraan gewy het om sosiale werklikhede aan te spreek. Modernisme word nie verwerp nie, maar Post-Modernisme het daaruit ontwikkel en “leen” daarvan. Post-Modernisme verskil van Modernisme deur ironie, parodie, kompleksiteit en eklektisisme te gebruik. Dit het sy oorsprong in die sosiale mislukking van Modernisme. Wanneer dit kom by die eerlikheid van die gebruik van materiale sou die Post-Modernis nie huiwer om die staalgeraamte met steenwerk te bedek nie!
• Terwyl Moderne argitektuur behep was met die idee van argitektuur as kuns en die nuwe tegnologie, streef Post-Modernisme daarna om argitektuur te vermenslik om die mens te dien. Volgens Michael Graves moet die skaal van ’n kamer dieselfde skaal van die van ’n mens herroep. Soos met ’n mens, moet dit ’n kop, ’n
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
PHILIP JOHNSTONE, AT&T-GEBOU, NEW YORK. 1978 – 1982
EEN VAN DIE EERSTE GROOTSKAALSE POST- MODERNISTIESE WOLKEKRABBERS MET DIE SOGENAAMDE “CHIPPENDALE”-BOKANT. DIT IS BAIE GEKRITISEER, MAAR VANDAG KOM DIT REDELIK GEWOON VOOR.