PABLO PICASSO, LES DEMOISELLES D’AVIGNON, 1907. OLIE OP DOEK
Hierdie is waarskynlik die belangrikste skildery van die 20ste eeu as gevolg van die invloed wat hierdie werk gehad het. Die invloed van Afrika- kuns word in hierdie skildery in ’n nuwe “kuns- taal” verander. Vyf geel en pienk naakfigure word op ’n plat ruimte uitgebeeld. Die figuur aan die linkerkant is in profiel en word in ’n Egiptiese styl geskilder. Die twee figure in die middel toon die invloed van antieke Iberiese beeldhouwerk met hulle gesigte wat na voor wys, maar hulle neuse wat in profiel is. Dit is egter die twee figure aan die regterkant wat die invloed van Afrika-kuns uitbeeld. Die belangrikste figuur is die een aan die regterkant waar Picasso gelyktydige benaderings uitbeeld (dit word gelyktydig van agter, van
Die ontwikkeling van Kubisme
Kubisme kan in drie fases inverdeel word, naamlik: • Cézanne-fase • Analitiese fase • Sintetiese fase
Cézanne-fase: 1907 – 1909 Tydens hierdie fase het Picasso en Braque individueel gewerk. Gedurende hierdie tydperk is Cézanne se invloed op hulle werk verder geneem na ’n konseptuele herskepping van verskillende uitgangspunte en ’n opbreek van beelde in skerp, hoekige vorms.
GEORGES BRAQUE, HOUSES AT L’ESTAGUE, 1908. OLIE OP DOEK
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
voor af en van die kante af gesien). Dit is asof hy rondom die figuur geloop het en al die beelde in een beeld gesintetiseer het. Dit verteenwoordig die breuk met die tradisionele perspektief en het gelei na die Kubiste se gebruik van gelyktydige visie. Daar is geen illusie van diep ruimte nie. Die figure bly plat en beklemtoon die platheid van die skilderoppervlak. Hierdie was die eerste stap om Kubisme te skep, maar dit was nie ’n Kubistiese skildery nie. Die onderwerp en die tegniek, wat dikwels ’n barbaarse, ekspressionistiese gebruik van skilder is, was vreemd vir die Kubistiese estetika. Dit is belangrik om te onthou dat hierdie skildery konseptueel eerder as perseptueel is.