• Hoe kommunikeer u met hierdie groepe? Waaroor praat julle? • is daar algemene kwessies wat die onderskeie groepe verbind waarvan u deel is? • Watter rol speel u kuns in u interaksie met hierdie groepe? • Wie of wat beïnvloed u kunspraktyk? • Hoe organiseer u u tyd sodat u produktief en kreatief kan wees? • Hoe bevorder u u kunswerke? • Het u ’n kunshandelaar? Wat is sy / haar rol in die bevordering van u kuns? • Doen u ander werk om u kunsloopbaan te onderhou? Wat is dit en het dit ’n impak op u kunsloopbaan?
• Watter raad kan u vir iemand gee wat ’n professionele kunstenaar wil word?
Vra sommige vrae oor ’n spesifieke kunswerk sodat jy kan bepaal wat die kunstenaar dink ten opsigte van sy / haar artistieke geskiedenis en netwerk van idees:
• Waaroor handel die werk? • Watter faktore het u beïnvloed om hierdie onderwerp te gebruik en watter vorm van kuns het u gebruik om dit te skep?
• Waarom het u die werk gemaak? • Wat dink u is die impak van hierdie werk op ander? Hoe weet u dit?
skryf na die tyd ’n besinnende verslag oor die onderhoud. gebruik die volgende punte as riglyne vir die verslag:
• Het jy al die relevante kwessies aangespreek waaroor jy duidelikheid wou hê? Verskaf redes vir jou antwoord.
• Het die kunstenaar jou vrae verstaan? • Was die ondervinding om inligting deur ’n onderhoud te versamel anders as om inligting oor die kunstenaar in ’n boek te lees? Verduidelik jou antwoord.
• Watter inligting het jy tydens die onderhoud die insiggewendste gevind? Waarom? • Dink jy die kunstenaar het iets by jou geleer? Was dit ’n positiewe of negatiewe ondervinding vir jou en die kunstenaar?