Te Dinner Party deur Judy Chicago is ’n multimedia- installasie wat geskep is as ’n gesamentlike kunswerk deur kunstenaars en handwerkers onder leiding van Chicago. Meeste van die bydraers tot die werk was vroulik. Die werk spreek kwessies rondom vroulike identiteit, etnisiteit en seksuele oriëntasie aan en het ’n ikoon van feministiese kuns geword. Dit bestaan uit ’n massiewe driehoekige bankettafel van 14,63 meter aan ’n kant, wat 39 gedekte plekke vir merkwaardige vroue in die geskiedenis het. Die tafel staan op ’n verhewe driehoekige platform wat bedek is met handgegote teëls wat gegraveer is met name van 999 ander vroue in die geskiedenis. Elkeen van die 39 gedekte plekke is skouspelagtig versier. ’n Handgemaakte plekmat en ’n tafelloper met die eregas se naam en beelde of simbole wat met die individu geassossieer word, is daarop borduur, en dit beklemtoon ’n ingewikkelde versierde porseleinbord en ’n goue beker. Die borde is simboliese interpretasies van elke vrou en het skoenlapper- of blomagtige beeldhouwerkvorms wat aan die vorm van die vagina herinner. Die vroue wat verteenwoordig is by die gedekte plekke is chronologies gerangskik. Soos die geskiedenis vorder rondom die tafel, word die beeldhouborde hoër.
Elke vlerk van die driehoek verteenwoordig 13 vroue wat ingedeel is volgens hulle historiese tydperk. Die nommer 13 het ’n positiewe en ’n negatiewe konnotasie. Dit verwys na die hoeveelheid gaste wat teenwoordig was by die Laaste Avondmaal en dit verwys ook na die hoeveelheid lede in ’n heksevergadering. Op Wing One word die prehistoriese verteenwoordig deur die “Oer Godin” met die kronologiese ontwikkeling van Judaïsme wat daaruit voortspruit. Dan beweeg dit van vroeë Griekse samelewings aan tot by die Romeinse Ryk. Hypatia, die eerste merkwaardige vrou in wiskunde wat in 400 v.C filosofie en astronomie in Alexandria onderrig het, is ’n gedekte plek toegeken as ’n simboliese, historiese figuur wat die agteruitgang van vroue se mag weerspieël. Sy is vermoor deur ’n groep Christene wat geglo het dat sy godsdienstige onrus veroorsaak het.
Wing Two beeld vroue uit wat simbole is van vroeë pogings om te veg vir gelyke regte vanaf vroeë Christenskap tot die Hervorming, soos St Bridget en Eleanor van Aquitanïe. Wing Tree verteenwoordig die Amerikaanse Revolusie, Stemreg en die beweging na individuele, kreatiewe
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
DETAIL VAN THE DINNER PARTY WYS DIE PLEKAANWYSINGS VIR DIE PRIMORDIAL GODDESS EN DIE FERTILE GODDESS OP EEN VLEUEL.
JUDY CHICAGO. THE DINNER PARTY. 1974–79. KERAMIEK, PORSELEIN, TEKSTIEL. 1463 X 1463 CM.