Perspektief: Vertoon die 3D-kwaliteit van ’n voorwerp, gebou of ruimte op ’n 2D-oppervlak uit. lyn perspektief: gebaseer op die waarneming dat parallelle lyne lyk of hulle op die horison bymekaarkom in een of meer verdwyningspunte. Voorwerpe word kleiner soos wat hulle verder wegbeweeg. lug- perspektief: (atmosferiese perspektief) wanneer die atmosfeer vorms en kleure wat in die afstand is, versag. Wanneer jy naby ’n boom is, kan jy die afsonderlike takke en blare sien terwyl dit van ver af lyk of dit gemeng is.
Plaaslike kleur: Natuurlike kleur van ’n voorwerp of materiaal.
Plagiaat: Die verkeerde toe-eiening of geloofwaardige nabootsing van iemand anders se gedagtes, idees of uitdrukkings, wat gebruik word as eie oorspronklike werk.
Plastiek: Enige materiaal wat gegiet of gevorm kan word sonder om enige massa by te voeg of weg te neem. Plek-spesifiek: Om ’n kunswerk spesifiek te ontwerp vir ’n sekere spasie / ligging / area.
Pluralisme: Wanneer meer as een beginsel of idee erken word en waar minderheidsgroepe in die gemeenskap onafhanklike tradisies onderhou. in Post-Modernisme is dit die aanvaarding van verskil- lende style en oogpunte.
Pointillisme: Die tegniek van sistematiese kwashale tot die gebruik van kolle in Neo-impressionisme. Polikromaties / Polikroom: Veelvoudige kleure.
Popkuns: ’n Beweging wat ontwikkel het tydens die middel tot laat 1950’s in Britanje en amerika. Dit put inspirasie uit bekende en kommersiële kulture wat die gemeenskap op daardie stadium ‘oorheers’ het. Dit was ’n reaksie teen abstrakte Ekspressionisme en hulle het aspekte van massakultuur soos advertensies, strokiesprente en vervelige gebruiksartikels as onderwerp gebruik om tradisionele kuns te ondermyn en uit te daag.
Portefeulje: in kuns is dit ’n versameling of tentoonstelling van ’n kunstenaar se werk.
Positiewe vorm / area: Die ware vorm (2D) of voorwerp (3D), geplaas in ’n spasie; die figure of ’n figuurgrond verhouding; die area wat beslaan word deur ’n voorwerp of vorm in 3D-werke.
Paal en Latei (balk): Die eerste konstruksiemetode wat in die wêreld ontwikkel is deur die gebruik van ’n lintel (balk) as die horisontale gedeelte oor ’n spasie wat aan die eindpunte ondersteun word vertikale poste.
Post-Impressionisme: ’n Omvattende term wat verwys na kuns wat geleer het uit sekere impres- sionistiese beginsels, maar wat ander uit die beweging verwerp het. Cézanne wou meer struktuur hê, terwyl Van gogh gefokus het op sy emosionele reaksie. gaugain was op soek na meer interaksie tussen Ekspressiewe en simboliese inhoud.
Post-Modernisme: ’n Term wat die kultuur van ongeveer die 1970’s beskryf wat die historiese deurlopendheid van Modernisme verwerp het ten gunste van ’n beweging wat bekend gestaan het as Pluralisme. Pluralisme beteken die aanvaarding van verskillende style en oogpunte, elk met dieselfde waarde. Werke kon dus weerspreek word en verskille kombineer. Die Post-Modernis ‘leen’ vryelik