Bespreek waarom hierdie werk ’n goeie voor- beeld van Impressionisme is.
Gebruik die volgende as riglyne: • Invloed van die kamera • Onderwerp • Gebruik van kleur en lig • Die vlietende oomblik • Kwaswerk
PIERRE-AUGUST RENOIR, THE BOATING PARTY, 1881. OLIE OP DOEK
“Waarom moet kuns nie mooi wees nie? Daar is genoeg onaangename dinge in die wêreld”. - Auguste Renoir.
Dink jy Renoir het daarin geslaag om ’n “mooi” werk te skep?
WILLIAM KENTRIDGE, THE BOATING PARTY, 1985. PASTEL OP PAPIER
In sy Boating Party het Kentridge ’n vrye interpretasie van die Renoir-skildery gebruik, maar die sjarme van Impressionistiese Parys is nou as waansin uitgebeeld. Die werk is in 1985 geskep toe Suid-Afrika in die greep van ’n noodtoestand was in reaksie op die voortdurende stryd teen apartheid.
Bespreek die volgende: • Redes waarom jy dink Kentridge hierdie spesifieke Renoir-skildery as inspirasie gebruik het.
• Die beelde wat Kentridge van Renoir geleen het. • Die spesifieke Suid-Afrikaanse beelde in Kentridge se werk. • Hoe Kentridge se tekeninge verwys na die spesifieke politieke situasie in Suid-Afrika tydens die ‘struggle’-jare. Moontlike interpretasies wat van hierdie werk gegee kan word. • Die verskillende “gemoedstemmings” tussen die twee werke.