78 VINCENT VAN GOGH, STARRY NIGHT, 1889. OLIE OP DOEK
Van Gogh het Starry Night geskilder terwyl hy in 1989 in die psigiatriese hospitaal in St. Remy was. Die fokus van hierdie werk is die naglug wat gevul is met draaiende wolke, sterre wat skitter in hulle eie helderheid en ’n blink halfmaan. Onder die golwende heuwels van die horison is die klein dorpie rustig geleë onder die beskerming van die kerktoring. Die middelpunt van die dorp is die hoë kerktoring, wat oor die kleiner geboue “heers.” Aan die linkerkant van die skildery is ’n yslike sipresboom waarvan die draaiende lyne die van die lug weerspieël en die sensasie van diepte in die skildery oordra. Hierdie lug laat die kyker se oë oor die skildery beweeg; die kyker volg die draaie en skep verbintenisse tussen
die verskillende paaie. Van Gogh het dik impastoverf gebruik, wat sterk lyne vorm. Hierdie krullende lyne is verander in draaiende en ontploffende sterre in die donker lug, energieke kwashale aan die einde van die sipresboom, gedraaide oppervlakke wat bergspitse skep en geometriese vorms wat die arkgitektuur van die dorp verteenwoordig. Die kontoere was belangrik vir Van Gogh. Die kleure, wat hoofsaaklik koue donkerblou skakerings is, word gekontrasteer met die vurige warm gele van die sterre en die lig wat deur die vensters skyn. Van Gogh het kerse rondom die rand van sy hoed gehang, en ook rondom die skilderdoek, sodat hy kon sien wat hy besig was om te doen as hy in die nag wou skilder. Hy was die eerste kunstenaar wat sulke nagtonele direk op sy doek geverf het. Die belangrike punt hier is sy passie vir die donker nag. Gedurende tye toe straatbeligting tot ’n minimum beperk was (net gaslig), en meeste van die lig afkomstig was uit die huise in die dorp, was die nag werklik donker. Die vraag is: wat het in die gefolterde kunstenaar se gemoed aangenaan sodat hy in die eindelose swart nag in wou ontsnap? Starry Night weerspieël die lyding van die kunstenaar deur die energieke hale, die helder kleure van die sterre en die kontras tussen die donkerblou en swart skakerings van die nag. Starry Night het sy gil om hoop, lig en liefde geword.
Van Gogh, die gewilde kunstenaar
Now I understand what you tried to say to me, How you suffered for your sanity,
How you tried to set them free.
They would not listen, they did not know how. Perhaps they'll listen now.
For they could not love you,
But still your love was true.
On that starry, starry night,
You took your life, as lovers often do.
But I could have told you, Vincent,
This world was never
meant for one As beautiful as you.
– Don Mc Lean
KIRK DOUGLAS VERTOLK DIE ROL VAN VINCENT VAN GOGH IN DIE 1950-ROLPRENT, LUST FOR LIFE, GEBASEER OP ’N GEWILDE BOEK OOR VAN GOGH SE LEWE DEUR IRVING STONE.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
And when no hope was left in sight
Na sy dood het Van Gogh se status gegroei en teen die middel van die 20ste eeu is hy beskou as een van die beste en mees erkende kunstenaars in die geskiedenis. Van Gogh se lewe het ’n legende geword, die storie van die kunstenaar as ’n gemartelde genie wat mal geraak het en selfmoord gepleeg het. Die tragiese omstandigede van sy lewe het die onderwerp van baie boeke en rolprente geword.
’N MENS KAN SELFS ’N VINCENT-AKSIEFIGUUR KOOP!
REGS EN ONDER: ’N VERSKEIDENHEID GOEDERE GEBAS- SEER OP VAN GOGH SE WERK
BESPREEK JOU MENING OOR DIE GEBRUIK VAN SY WERK OP HIERDIE MANIER.