Die volgende kunstenaars is ook deel van die post-1945-era, maar hulle pas nie in die groter kategorieë van die style of bewegings van daardie tyd in nie.
UITBEELDING VAN DIE MENSLIKE VORM
Oor die verloop van tyd is die menslike liggaam om verskeie redes en op verskillende maniere uitgebeeld. Die verskeidenheid tegnieke en style dra die effekte van modernisasie op die mens oor. Beantwoord die volgende vrae oor die ses kunswerke in jou werkboek.
Beskryf die manier hoe elke kunstenaar die menslike lig- gaam gebruik het deur na die volgende te verwys:
- Proporsie en plasing van die figuur binne die komposi- sie.
- Wat is in die agtergrond van die figuur? Beskryf die omgewing.
- Proporsies van die figuur. - Die houding van die figuur. Wat doen die persoon?
- Is daar beweging in die fi- guur se houding?
- Beskryf die gesigsuitdruk- king van die persoon. - Dra die persoon klere?
Beskryf die skilderstyl van elke werk deur na die vol- gende te verwys:
- Is die persoon in ’n rea- listiese styl geskilder of nie? Verduidelik jou antwoord.
- Vorms van die liggaamsdele. - Sigbaarheid van kwashale - Drie dimensionaliteit - Tonale waardes - Gebruik van kleur
Wat is jou interpretasie van elke werk nadat jy van naby daarna gekyk het? Oorweeg die volgende in jou antwoord:
- Atmosfeer geskep deur die komposisie en verfstyl - Die titel van die werk
LUCIAN FREUD. PORTRAIT ON A WHITE COVER. 2002 – 2003. OLIE OP DOEK
Lucian Freud het die grootste deel van sy loopbaan daaraan gewy om die naakte liggaam uit te beeld. Sy modelle was hyself, sy familie en vriende en mense wat hom geïnteresseer het. Hy het vanaf die regte lewe geskilder en het sy menslike weerbaarheid deur sy weergawe van vlees in impastoverf blootgestel. Al is sy werke figuratief, het hulle ’n intensiteit wat hulle onderskei van ander figuratiewe kunstenaars.
Francis Bacon is bekend vir sy skilderye wat figuurkomposisies is en wat dikwels portrette van sy vriende, kollegas en baie selfportrette in- sluit. Sy skilderstyl is karakteriserend en is ’n “koordloop tussen wat fi- guratiewe skilder en abstraksie genoem word”. Hy dra ’n gekombineerde boodskap oor van die moderne lewe en skilderkunstige skoonheid.