alreeds toegerus is met estetiese kwaliteite, kan ’n installasie slegs ’n estetiese impak bereik nadat dit opgestel is.
• Die interaksie tussen die media, die omgewing en die kyker is sentraal tot ’n installasiekunswerk. Die besoeker aan ’n installasiewerk verwag om vasgevang te word in ’n sensoriese of narratiewe omgewing en in sommige gevalle dra die aktiewe deelname van die kyker die betekenis van die kunswerk oor. Daar is ’n groot verskeidenheid soorte ondervindings vir kykers van installasiewerk en wanneer dit deur ’n kunstenaar beplan
word, is dit ’n belangrike deel van die konseptualisasie van ’n installasiewerk.
• ’n Installasiekunswerk kan permanent in ’n spasie geïnstalleer word, maar dit word gewoonlik na ’n sekere tydperk uitmekaar gehaal. Dit kan dan in ’n nuwe uitstalruimte geïnstalleer word. Elke installasie binne ’n spesifieke omgewing verskil en daarom word dit fotografies deur mense gedokumenteer om ’n rekord daarvan te hou.
YAYOHI KUSAMA, DOTS OBSESSION-NEW CENTURY 2000. 2000 ELF BALONNE, VINIELKOLLE, VERANDERBARE DIMENSIES (INSTALLASIE) KUSAMA IS ’N JAPANESE KUNSTENAAR WIE SE SKILDERYE, COLLAGES, SAGTE BEELDHOUWERKE, UITVOERENDE KUNS EN INSTALLASIES ALMAL ’N OBSESSIE HET MET HERHALING, PATROON EN AKKUMULASIE.
ARMAN, LONG TERM PARKING, PARC DE SCULPTURE LE MONTCEL, JOUY-EN-JOSAS, FRANKRYK. 1982 60 MOTORS VASGEVANG IN BETON, 19,5 METER
WIE IS CHICAGO?
Judy Chicago (gebore Judy Cohen, 20 Julie 1939 - ) Chicago se vroeë skilderye en beeldhouwerke is beïnvloed deur die modernistiese houding van Minimalisme. In die 1970’s het sy van rigting verander in haar kuns om werke te skep wat volgens haar meer inhoud en relevansie sou hê. Saam met medekunstenaar, Miriam Shapiro, het sy die Feministiese Kunsprogram by die California Institute of Arts in 1972 geskep. Hierdie program het ’n ruimte vir jong vrouekunstenaars gebied om nuwe maniere te verken om kuns te skep sonder die dominering van die ideologieë wat rondom mans geskep is soos gesien kan word by meeste kunsinstellings. Hierdie program het gelei tot die organisasie Womanhouse, wat ’n kollaboratiewe ruimte was wat deur vroulike kunstenaars gebruik is. In 1973 het sy ook bygedra tot die stigting van die Feminist Studio Workshop.
“Omdat ons kennis oor ons geskiedenis geweier word, is ons ontneem daarvan om op mekaar se skouers te staan en op mekaar se swaarverdiende prestasies te bou. In plaas daarvan is ons verdoem om dit te herhaal wat ander voor ons gedoen het en daarom herontdek ons aanhoudend die wiel. Die doelwit van The Dinner Party is om hierdie siklus te breek.”