Fauvisme: 1905 – 1907, ’n groep kunstenaars gebaseer op Matisse wie se werk gekenmerk word deur sterk kleur en kragtige kwashale. Hul werk was gewoonlik vrolik in aard.
Feminisme: ’n Versameling bewegings wat daarna gestreef het om gelyke regte vir vroue in die politieke, ekonomiese en sosiale sirkels te definieer, te vestig en te beskerm.
Figuur / Grond: gebruik in twee-dimensionele terme: verhouding tussen die voorgrond (figure) en die agtergrond / spasie rondom (grond); sien ook die terme as negatief teenoor positief.
Fokuspunt: Die area van belang waarna die kyker se oog getrek word wanneer die kunswerk beskou word.
Formalisme: in lynregte teenstelling met Ekspresionisme. Die klem is op ’n koel redelikheid en intellektuele kuns. Die oorsprong van hierdie tendens is in Cézanne se herkonstruksie van natuur in basiese vorms en die verwesenliking van die skildery as ’n twee-dimensionele oppervlak en nie ’n ‘venster’ op die wêreld nie. in formalisme handel die kuns oor die rangskikking van die formele elemente bv. lyn,vorm, kleur, in ’n spesifieke volgorde en nie wat hulle verteenwoordig nie. in die 20ste eeu is formalisme gewoonlik positief teenoor die toekoms, wetenskap en tegnologie, anders as Ekspressionisme.
Formele kunselemente: Die term word gebruik om die tegniese struktuur, komposisie en vorm van kuns te beskryf; die term kan verdeel word in afdelings soos ‘kunselemente’ (bv. lyn, tekstuur, kleur ens.) en ontwerpsbeginsels (bv. balans, proporsie, skaal, ritme ens.).
Fotografie: Die proses en kuns van die opname van prente deur lig deur middel van ’n ligsensitiewe medium vas te vang, soos film of elektroniese sensors. Digitale fotografie word moontlik gemaak deur ligsensitiewe digitale pieksels.
Fotomontage: ’n Variasie van ’n collage waarin geplakte items eintlik foto’s of fotografiese herproduk- sies is wat gekies en ontwikkel is deur die Dada-groep in Berlyn.
Fragmentasie: Om iets te breek / te verdeel in verskillende dele / fragmente. Frontaal: 3D-voorwerp wat vereis om hoofsaaklik vanuit een oogpunt beskou te word.
Frottage: Vrywing oor growwe oppervlaktes. Word gereeld gebruik as ‘n beginpunt van die aktiver- ing van die onderbewussyn. Funksionalisme: Die funksie van ’n voorwerp of gebou bepaal vorm en skoonheid. Funksioneel: Word gebruik; prakties sonder om versierend of weelderig te wees.
Futurisme: 1909 – 1914. italiaanse beweging gestig deur die digter Marinetti. sy lede het die verlede verwerp en eerder die dinamiek van die moderne masjien-era en stadslewe gevier. Hoofsaaklik geïnteresseerd in die tentoonstelling van beweging, bv. Carra, Boccioni, Balla.
Skone Kunste: Die ’nie-funksionele’ kunsdissiplines, soos skilder en beeldhou.