7 Praktiese assesseringstaak Joseph Cornell was ’n Amerikaanse
kunstenaar wie se belangrikste werke gehul was in assemblage-bokse wat eienaardige, stemmingsvolle
groepe van gevonde
voorwerpe saamgevoeg het. Sy bokse is gevul met ’n irrasionele jukstaposisie van gewone voorwerpe wat ’n sin van misterie en nostalgie skep. Dit herinner ’n mens aan ’n teater- of rolprentstel, ’n scenario vir ’n vreemde Surrealistiese drama.
Die woord “jukstaposisie” beteken eenvoudig om dinge langs mekaar te plaas. In kuns word dit gewoonlik gedoen om ’n spesifieke kwaliteit, effek of betekenis te skep deur twee konstrasterende of teenstellende elemente te gebruik. Die kyker se aandag word gevestig op die ooreenkomste of verskille tussen die elemente. Die aanbieding van gewone items in buitengewone jukstaposisies is sentraal aan Surrealistiese kuns, soos in drome. Sulke werk gebruik ook ’n beginsel wat reeds deur die Dadaïste begin is en wat met gevonde voorwerpe en klaargemaaktes gewerk het, naamlik dat ’n skeppende visie die gewone in wonderlike kuns kan omskep.
Die volgende aanhaling deur die 19de-eeuse digter, Comte Lautreamont, was ’n gunsteling van die Surrealiste: “So mooi soos die toevallige ontmoeting van ’n naaimasjien en ’n sambreel op ’n ontleedtafel.”
WOORDELYS
ASSEMBLAGE is ’n drie dimensionele vorm van collage wat dikwels gebruik maak van gevonde voorwerpe wat hulle dan in kuns omskep.
JOSEPH CORNELL, MEDICI PRINCESS, 1945. ASSEMBLAGE.