Jackson Pollock (28 Januarie 1912 – 11 Augustus 1956) is in Cody, Wyoming gebore en het in Arizona en Kalifornië grootgeword. Sy werke word beskou as leidende voorbeelde van aksieskilder van die Abstrakte Ekspressionistiese bewe- ging. Die skilderye waarvoor hy roem verwerf het, is op lengtes doek gedoen wat op die ateljeevloer uitgesprei was. Hy het rondom dit beweeg terwyl hy die kommersiële sintetiese emaljeverf wat hy gebruik het, op die doek gegooi het met stokke, troffels of direk uit die blikke. Hy het stukke glas, sand, ens. in sommige van sy skilderye gebruik. Die drupskilderye was nie vooraf beplan nie en is visuele opnames van die rit- miese bewegings van die kunstenaar rondom die doek en het gelei tot die bynaam “Jack the Dripper”. Die ekspressiewe karakter van sy werke stem ooreen met die eksistensiële angs wat hy regdeur sy emosionele en onstuimige lewe ervaar het.
“Ek strek selde my doek voor ek skilder. Ek verkies dit om die ongestrekte doek vas te spyker op die harde muur of op die vloer. Ek het die weerstand van ’n harde oppervlak nodig. Ek is meer gemaklik op die vloer. Ek voel nader, meer deel van die skildery, omdat ek rondom dit kan loop, vanaf vier kante kan werk en letterlik in die skildery kan ‘wees’. Dit is soort- gelyk aan die metode van die Indiaanse sandskilders van die Weste … Wanneer ek in my skildery is, is ek nie bewus van wat ek doen nie. Dit is slegs na ’n soort van ‘gewoond raak aan’-tydperk dat ek sien waaroor dit gaan. Ek is nie bang daarvoor om veranderinge te maak nie, om die beeld te ver- woes nie, ensovoorts, omdat die skildery ’n lewe van sy eie het. Ek probeer om dit te laat deurskemer.” – Pollock
POLLOCK IS DEUR HANS NAMUTH AFGENEEM TERWYL HY GESKILDER HET.
DIE NAVAJO-INDIANE HET SANDSKILDERYE GESKEP OM NIE AS KUNSVOORWERPE VIR HULLE ESTE- TIESE SKOONHEID BEWONDER TE WORD NIE, MAAR AS DEEL VAN ’N UITGEBREIDE HERSTELRITUEEL OF -SEREMONIE. NATUURLIK GEKLEURDE KORRELS SAND WORD OP DIE VLOER GEGOOI OM HIERDIE INGEWIKKELDE PATROON-SKILDERYE TE SKEP. DIE PERSOON WAT GE- NEES MOET WORD, MOET OP DIE VOLTOOIDE SKILDERY SIT WAT DAN DIEN AS ’N PORTAAL VIR DIE GENESINGSGEESTE OM DAARDEUR TE KOM EN DIE PASIËNT TE GENEES.
JACKSON POLLOCK. AUTUMN RHYTHM (NUMBER 30). OLIE OP DOEK. 1950. 2.67 × 5.26 M