Die suiwerste vorm van die Art Nouveau-styl kan aangetref word in die werk van die Spaanse argitek Antoni Gaudi (1852 – 1926) met sy “organiese” argitektuur waar die hele gebou soos ’n stuk beeldhouwerk word. Gaudi het reguit lyne heeltemal vermy in hierdie gebou met sy geraamtelike organiese kwaliteit en dit staan bekend as die beenhuis. Die grondvloer, veral, is gevul met versiering, onreëlmatige ovaalvensters en vloeiende beeldhouagtige steenwerk. Die voorkant is meestal versier met mosaïek wat gemaak is van stukkende stukke keramiek. Dit begin in skakerings van goudoranje en gaan oor na groenblou. Die interieure spasie toon die tipiese organiese vorms wat so kenmerkend is van die Art Nouveau-beweging. Die dak van hierdie gebou verteenwoordig Barcelona se beskermheilige St. George, wat die draak van Spanje doodmaak as ’n uitdrukking van hulle begeerte vir onafhanklikheid. Die doodsmaskerbalkonne en beenagtige struktuur simboliseer die Barcelona- martelare.
ANTONIO GAUDÍ, CASA BATTLO BARCELONA, SPANJE 1905-1907. Art nouveau het nooit deel van modernisme geword nie weens die oormatige versiering.
Art Deco 1925-1939
Art Deco se naam is afkomstig van die groot Exposi- tion Inter nationale des art decoratifs et industrial modernes, wat in 1925 in Parys gehou is. Dit staan ook soms bekend as Tradisionele Modernisme. In die VSA is dit die “Jazz Era” genoem. Art Deco was ’n eklektiese dekoratiewe styl wat ’n reeks invloede gehad het van Kubisme en Futurisme tot verskillende antieke kulture soos Egipte, die Asteke en die Chinese. Dit is gemeng met ’n fassinasie vir spoed en tegnologie wat gelei het tot vaartbelynde vorms. Art Deco het ’n voorkeur gehad vir massiewe hoekige vorms, sterk geometriese vorms, grafiese skerpheid en treffende kleure.
ANDREW MATHER, ODEON-BIOSKOOP, LONDEN, 1936. ART DECO HET DIE “GEWILDE” STYL TUSSEN DIE
WÊRELDOORLOË GEWORD EN BAIE BIOSKOPE REGOOR DIE WÊRELD IS IN HIERDIE STYL GEBOU WAT DIE BELANGRIKHEID GETOON HET VAN DIE FLIEKINDUSTRIE AS VERMAAK.