Marcel Duchamp, kunsgenie of kunsbedrieër? Wat is jou opinie oor hierdie vraag?
Skryf ’n kort opstel van ongeveer een bladsy waarin jy jou opinie oor Duchamp staaf. Jy moet na ten minste twee van sy werke verwys.
WOORDELYS
’n “GEVONDE VOORWERP” is ’n natuurlike of mensgemaakte voorwerp wat onveranderd is, wat óf uitgestal word as ’n artistieke voorwerp in sy eie reg, óf in ’n kunswerk geïnkoroporeer word.
“’N READY-MADE” is Duchamp se naam vir massageproduseerde voorwerpe wat willekeurig gekies is en wat verhef word tot ’n kunswerk, bv. Fountain.
Invloed en belangrikheid van Dada Protes aksies het gewoonlik nie ’n lang raklewe nie, en teen 1922 het Dada tot ’n einde gekom weens die absurditeit daarvan. Baie Dadaïste het Surrealiste (Ernst, Arp) geword en Dada se gebruik van toeval en irrasionaliteit het een van die beginsels van Surrealisme geword. Alhoewel Dada as absurd beskou kan word, het dit ’n geweldige invloed op Modernisme gehad omdat Dada nie slegs afbrekend was nie, maar het ook nuwe maniere geskep om kuns te maak.
5.2
Voltooi in jou VKS-werkboek.
Dada was bekend vir sy baie publikasies en uitdagende stellings. Die Dada-uitstallings soos gesien in die historiese foto aan die regterkant, was ’n mengsel van kunswerke en stellings.
Verbeel jou dat jy deel is van die Dada-beweging in 1920. Jy word gevra om ’n brosjure (A4) te maak om ’n Dada-uitstalling te adverteer.
Jy moet ten minste drie kunswerke en sommige Dada-stellings insluit. Probeer om die Dada-houding in jou keuse van kleure, tipografie en uitleg in te sluit. Oorweeg dit om fotomontage te gebruik soos deur hierdie beweging geïnspireer is. Daar is baie voorbeelde van Dada-publikasies op die internet.