KEVIN ATKINSON. I AM A VERB. 1970. OLIE KEVIN ATKINSON. LASER I. 1970. AKRIEL WAYNE BARKER
Wayne Barker (1963–) is nog altyd omstrede in sy interaksie met die establishement en sy kuns het ’n kritieke uitkoms op die samelewing. In die reeks multimedia-werke wat hy meer onlangs geskep het, jukstaposeer en bou hy lae op van gewilde en bekende beelde wat simbolies is van die ou en nuwe Suid- Afrika. Die kombinasies van beelde en voorwerpe konfronteer die kyker met omstrede aspekte van die apartheidera en die post-apartheid-kultuur.
Barker het herhaaldelik Pierneef se skilderye gebruik as agtergrond vir sy stellings oor die Suid-Afrikaanse samelewing. Hierdie verwysing na die ou Suid-Afrika is deurtrek met betekenis. Pierneef se skilderye is verteenwoordigend van die idee dat die majestueuse Suid-Afrikaanse landskap ’n onbewoonde maagdelike landskap is wat wag om uitgebuit te word. Nog ’n belangrike aspek oor die verwysing na Pierneef is dat hy die ideologie van apartheid deur die sogenaamde “aparte maar gelyke ontwikkeling van verskil- lende rasgroepe” ondersteun het en dat hy ’n kommissie van die regering in 1929 aanvaar het om ’n reeks groot landskapskilderye vir die Johannesburgse Stasie te doen wat verskillende streke in Suid-Afrika uitgebeeld het. Barker het die heroïese droom van patriotisme gekies, soos gesimboliseer deur Pierneef se werke, as ’n werkoppervlak vir verdere kommentaar.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
WAYNE BARKER. DUAL: ENOCH AND LANGENHOVEN. 2010. GEMENGDE MEDIA MET NEONBUISE OP DOEK