GINO SEVERENI, THE DYNAMIC HIEROGLYPHICS OF THE BAL TABARIN, 1912.
CARLO CARRA, PATRIOTIC CELEBRATION, 1914.
Futurisme is ’n voorbeeld van ’n styl ten gunste van die moderne tegnologiese samelewing. Dit was nie slegs ’n visuele kunste-beweging nie, maar ook ’n letterkundige en musikale beweging. Tipies van Modernisme is die verheerliking van die toekoms en die standpunt teen die verlede.
Die “kortstondige maar gewelddadige aardskudding van Futurisme” het tot ’n einde gekom toe die Eerste Wêreldoorlog begin het. (Boccioni het tydens ’n kavallerie-oefening in 1916 van sy perd afgeval en is dood!)
Om Marinetti aan te haal: “Spaghetti is nie kos vir vegters nie!”
BOCCIONI, UNIQUE FORMS OF CONTINUITY IN SPACE (1913) BRONS
HIERDIE FIGUUR MET SY VLAMAGTIGE, VLERKAGTIGE SPIERE EN GEWRIGTE BEELD ’N MODERNE MAN UIT WAT NA DIE TOEKOMS TOE LOOP.