OTTO DIX, METROPOLIS, 1928. TRIPTIEK IN GEMENGDE MEDIA OP HOUT 5 Surrealisme AGTERGROND ANDRÉ BRETON
Baie Dada-kunstenaars het Surrealiste geword. Surrealisme onder leiding van André Breton, (bekend as “die pous van Surrealisme”) het gevoel dat Dada te absurd en destruktief was. Breton het ’n behoefte vir meer positiewe aksie gehad. Dit het tot sy Eerste Surrealistiese Manifes in 1924 gelei. Onder sy leierskap wou kunstenaars en skrywers ’n kunsvorm skep gebaseer op irrasionele toeval in kuns. Breton het die naam “Surrealisme” gekies om spontane betekenis bo en behalwe die werklikheid te beskryf. Volgens Breton is Surrealisme die kuns wat voortspruit uit die onderbewussyn. Surrealisme maak staat op die geloof in die belangelose spel van gedagtes, superieure werklikheid van sekere vorms van assosiasie, in die alomteenwoordigheid van die droom en die ongeïnteresseerde vloei van gedagtes.
“Exquisite cadavres” Die Surrealisme se gunstelingspel was om die onderbewuste verstand “oop te sluit”. Die naam is afgelei van die frase, “Die pragtige lyk sal die nuwe wyn drink” wat ontwikkel het toe Surrealiste die eerste keer hierdie spel gespeel het. Gewoonlik het vier mense gespeel en ’n stuk papier is in vier dele gevou. Die eerste persoon teken ’n kop en vou die papier om meeste van die tekening weg te steek. Dit word dan aan die volgende persoon ge- gee om die bolyf te teken, ensovoorts. Die spel is ook met woorde gespeel, waar elkeen van hulle ’n frase op ’n stuk papier sou neerskryf, die stuk papier sou vou om die woord gedeeltelik te versteek, en dit aan te gee vir die volgende speler vir sy bydrae. Speel die speletjie saam met jou vriende.
“Iemand wat nie ’n perd kan verbeel wat op ’n tamatie galop
nie, is ’n idioot.” - André Breton
’N VOORBEELD VAN EXQUISITE
CADAVRES DEUR MAN RAY, JOAN MIRÓ , MAX MORISE EN YVES TANGUY