• Vorms: Al die Op- en Kinetiese kunswerke is abstrak. Die vorms wat deur meeste van die Op-kunstenaars gebruik word, is geneig om geometries te wees. Die gebruik van presies geverfde oganies geïnspireerde lyne kan gesien word in die werke van die kunstenaar Bridget Riley. Meeste Kinetiese kunswerke gebruik geometriese vorms wat nie verwant is aan die visuele wêreld rondom hulle nie, maar daar is uitsonderings. Calder het mobiele met organiese vorms geskep om die idee van die regte voorwerpe te ontlok.
• Aanwending: Die feit dat die visuele effekte van Opkunswerke afhanklik is van die interaksie tussen kleure en vorms het gelei tot ’n algemeen presiese en amper masjienagtige aanwending van verf wat nie enige uniekheid in terme van die maak van merke toon nie.
• Kleur: Die gebruik van kleur is sentraal tot die optiese effek wat geskep word in ’n Opkunswerk. Kleure is goed beplan en word gebruik in kombinasie met vorms om saamtrekkende ritmes en patrone te skep.
• Die Kinetiese kunstenaars het gewoonlik die kleur van hulle media behou en daarom was die beelde oor die algemeen in neutrale kleure. Calder was een van die min kunstenaars wat ook kleur in sy mobiele werke gebruik het, soos helder primêre kleure en ook wit en swart.
• Media: Op-kunstenaars het ’n verskeidenheid soorte verfmedia gebruik wat gewissel het van olieverf tot akrielverf; asook die maak van afdrukke. Die oppervlakke waarop hulle gewerk het, het grootliks gewissel tussen die meer tradisionele doek, hout en papier; en glas en aluminium.
• Kinetiese kunswerke het industriële materiale ingesluit soos staal, koper, aluminium, draad, glas, perspeks, spieëls en elektriese beligting wat nie tradisionele beeldhou- materiale was nie. Sommige van die kunstenaars het voorafvervaardigde masjiendele gebruik om nuwe masjiene te skep met visuele effekte as hulle funksie.
JULIO LE PARC. CONTINENTAL-LUMIÈRE MOBILE CONTINUOUS LIGHT MOBILE OR UNCEASING LIGHT MOBILE.1960 – 1966.
HANGENDE METAALAGTIGE ELEMENTE EN KOLLIGTE. KINETIESE KUNS