Impressionistiese kunstenaars sluit in Eduard Manet, Claude Monet, Pierre-Auguste Renoir, Edgar Degas, Camille Pisarro, Alfred Sisley, Mary Cassatt en Berthe Morisot.
DIE VERANDERENDE POSISIE VAN DIE KUNSTENAAR Tydens vorige periodes was die kunstenaar ’n integrale deel van die samelewing, bv. in diens van die adel of die kerk. Verandering in ondersteuning het tydens die 19de eeu plaasgevind met die Industriële Revolusie. Die geld was nou onder die beheer van die groot kapitaliste. Die tipiese kapitalis was nie ywerig om innoverende kuns te koop nie, maar sou eerder veilige nabootsings van ou style koop. Die kunstenaar het geleidelik afgesonder van die samelewing geword en moes sukkel om ekonomies te oorleef. Dit het gelei tot die mite van die kunstenaar as ’n buitestaander wat sukkel om te oorleef en wat eers na sy dood waardeer is, soos Vincent van Gogh.
Teen die middel van die 19de eeu is die kamera ontwikkel – ’n goedkoper en vinniger metode van nabootsing. Alhoewel dit tot ’n sekere mate sommige funksies van kuns vervang het, byvoorbeeld die dokumentasie van leiers en gebeurtenisse, het dit ook as vryheid vir kuns gedien. Die kunstenaar was vry om sy eie styl van uitdrukking te kies. Dit het toenemend gelei tot “kuns vir kuns se onthalwe” met die kunstenaar wat kunswerke vir estetiese doeleindes gekies het en om homself daardeur te bevredig. Moderne kunstenaars het die vryheid om hulle idees uit te druk.
WOORDELYS
AVANT-GARDE verwys na kunstenaars wat nuwe benaderings, style of tegnieke begin het in opstand teen die establishment. Die tydperk het sy oorsprong in die woord “vanguard” wat die voorste eenheid in die weermag beteken.
Invloede op Impressionisme
Die landskap Voor Impressionisme is landskapskilderye ge- woonlik deur die Salon as van minder belang beskou. Volgens die Tradisionaliste, was die natuur nie edel of permament genoeg nie, tensy dit ge- herorganiseer is om ’n geïdealiseerde landskap te vorm. Landskappe is gewoonllik met figure gekom- bineer.
• Constable was die eerste kunstenaar om weg te breek van tradisie en het landskappe in suiwer kleure en met liefde en respek geskilder.
• Romantisisme het Impressionisme beïnvloed met hulle vermyding van oorgewerkte skilderye. Hulle het daarop aangedring dat die kunstenaar ’n individu is en dat hy vir nuwe uitdrukking moes soek, selfs al is dit teen die aanvaarde opinies.
• Die Barbizon-groep het sedert 1827 buite geskilder (en plein air) en het presiese studies van veranderende lig gemaak. Dit, asook
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
CLAUDE MONET, WILD POPPIES, 1873. OIL ON CANVAS
hulle gebruik van klein kwashale, het die Impressioniste beïnvloed.
• Die dramatiese en ongemaklike industrialisasie het die waardering vir die natuur versterk.
• Die tyd van die Impressioniste was meer informeel en almal behalwe die werklike armes het meer tyd buite spandeer. Sondae op die platteland, opelugdanse en kafees was alles deel van hulle daaglikse lewens.